Skole Nuus Maart 2019

THS was a kaleidoscope of colour as learners had their hair sprayed in a myriad of colours in support of the CANSA Shavathon.

Ons Parkies is baie trots op hierdie twee stappers. Marneau Dreyer en Shawn Beukes het aan die SA Skole Atletiekkampioenskappe in Germiston deelgeneem.

Sterkte aan Waldo Botha wat die 2de week van die skoolvakansie aan die SA’s Lewensreddings Toernooi in Port Elizabeth gaan deelneem. Ons Parkies hou styf duim vas.

Baie trots op Julindi Wilkens wat in spiesgooi, in Germiston by die Suid Afrikaanse Atletiekbyeenkoms deelgeneem het

Baie baie dankie aan elke ouer wat deelgeneem het aan die Bloedskenkdag! Ons het meer as 100 punte bloed geskenk!

FC Meyer het hierdie mooi prestasie met “SKIET” behaal. Baie geluk FC.

Ehandre Ellis en Zenobia Grobbelaar is onder die beste 20 leiers geïdentifiseer by SHS se leiersimposium! Ons is trots op julle!

Op Vrydag, 8 Maart het ons leerlingraad ‘n leiersimposium by Hoërskool Schoonspruit bygewoon. Ons leiers het uitgestaan en ‘n baie goeie indruk op almal gemaak. Ons sê geluk aan die volgende leiers wat aan die einde van die dag ‘n spesiale vermelding gekry het: Kiara, Danielle, Alexis, Rilanka, Wessel en Hanno

Baie geluk aan Marnus wat uitstekend gevaar het by die Noordwes swemgala, op 16 en 17 Maart as deel van die Matlosana Swemklub.

Baie dankie aan menere Cobus Van der Berg en Willem Nel van Agricol, vir die borg van ons 1ste rugbyspan se spoggerige sakke en hoede. Geniet julle toer hierdie vakansie!

Ruiternuus: Op 9 Maart 2019 neem Lerieschka Vogel deel aan ‘n perde- uithourit van 80 km te Hoopstad bekend as die Sandveld. Sy en haar perd Ji-Ta voltooi die wedren wat strek oor verskeie plase en dik sand. Baie geluk KHS is trots op jou!

Samie atlete skitter as S.A Kampioene!
Dertien atlete van Laerskool Saamtrek het tydens die afgelope S.A. Kampioenskappe van 14-16 Maart 2019 Noordwes verteenwoordig. Wat ‘n groot eer is dit om vyf S.A. Kampioene in ons midde te hê en twee silwer medalje wenners! André Visser het twee goue medaljes verwerf in 800m en 1500m seuns 0/13. Christiaan v.d. Bergh verwerf goud in 80m hekkies en silwer in 200m hekkies seuns 0/13. Carli Visser is die tweede hekkie-atleet van die skool wat goud verwerf het. Carli behaal dit in 70m dogters 0/11. Jenna van Dyk verwerf silwer in 75m hekkies dogters 0/12. Jenna van Dyk word afgerig deur Shawn Bownes. Jatin Marais het goud verwerf in spiesgooi seuns 0/12 met ‘n wenafstand van 36.97m. Jatin word afgerig deur mnr. Erich Wiese. Jarred van Staden en Mpho Phatudi het in die 0/12 4×100 aflos vir Noordwes ‘n silwer medalje verwerf. Uit die dertien atlete het sewe atlete tot die finaal van hul items deurgedring. Noordwes het derde geëindig met ‘n totaal van 9 goue medaljes.

André Visser, twee goue medaljes verwerf in 800m en 1500m seuns 0/13

Carli Visser S.A Kampioen 0/11 70m hekkies

Jatin Marais S.A. Kampioen Spiesgooi seuns 0/12

Christiaan v.d. Bergh 0/13 80m hekkies S.A.Kampioen

Jarred van Staden en Mpho Phatudi het in die 0/12 4×100 aflos vir Noordwes ‘n silwer medalje verwerf.

WOW Magazine – Skole Nuus March 2019

Recommended Posts

Start typing and press Enter to search