Smullekker Resepte April 2019

Spinasieroerbraai/Spinach stir fry

Bestanddele/Ingredients

200 g chorizo, in skywe gesny (of spek, in repies gesny)/sliced chorizo (or cut bacon)
5 ml olyfolie/olive oil
5 ml paprika (slegs as spek gebruik word)/paprika (only when using bacon)
8 klein aartappels, gaar gemaak en in die helfte gesny/small boiled potatoes cut in halves
125 g kersietamaties/cherry tomatoes
300 g jong spinasie/young spinach
150 g fetakaas, grof gekrummel/crumbled feta cheese
1 avokadopeer, in 2 cm blokkies gesny/avocado diced 2 cm
sout en peper na smaak/salt & pepper to taste

Metode/Method

Panbraai die chorizo of spek oor lae hitte in die olie/fry chorizo or bacon in oil slowly
Indien jy die spek verkies, voeg die paprika by en braai vir ‘n verdere 2 minute/if using bacon, add paprika & fry for 2 extra minutes
Voeg die aartappels by en braai tot goudbruin/add potatoes and fry till golden brown
Voeg die kersietamaties by en braai totdat die skilletjie begin bars/add cherry tomatoes and fry till skin opens
Voeg die spinasie by en roer goed totdat dit verwelk/add spinach and stir till soft
Voeg die fetakaas en avokadopeer by, en roer tot verhit/add feta cheese & avo and stir till heated
Geur met sout en peper/add salt & pepper
Bedien dadelik/serve immediately

Varknek met bloukaas/Pork neck with blue cheese

Bestanddele/Ingredients

2 x 200 g varkneksteaks/pork neck steaks
mosterd/mustard
bloukaasslaaisous/blue cheese salad dressing
olywe, gekap/chopped olives
rooiwyn/red wine
tandestokkies/tooth picks

Metode/Method

Smeer steaks met mosterd/rub steaks with mustard
Sprinkel slaaisous oor/dribble with salad dressing
Rol op, steek vas met tandestokkie/roll up, pin with tooth pick
Plaas in oondbak, met bietjie rooiwyn onder in/place
in oven dish with red wine
Sit deksel op/put lid on
Bak vir 40 minute teen 180 grade /bake for 40 minutes at 180 degrees

Suurlemoenpoeding/Lemon pudding

Bestanddele/Ingredients

8 likeurglase/liqueur glasses
500 ml room/cream
125 ml strooisuiker/castor sugar
sap van een suurlemoen/juice of 1 lemon
fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen/lemon grind

Metode/Method

Verhit die room en strooisuiker. Moenie dat dit kook nie, en roer hard vir die laaste drie minute/heat cream & castor sugar. Don’t let it boil and stir vigorously for last 3 minutes
Voeg die res van die bestanddele by/add the rest of the ingredients
Vul die glase daarmee, en plaas oornag in yskas/fill glasses and place in fridge over night

WOW Magazine – Women April 2019

Recommended Posts

Start typing and press Enter to search