2018 BOEREPATENTE

2018 Se topplanmaker het weer hul staal kom wys by die NampoOesdag se Boerepatente-kompetisie. Die ou bekendes was daar en ook talle nuwe gesigte. Die patente het gewissel van ‘n ontbosser tot ‘n dieselbeveiligingstoestel tot ‘n wildvangboma.

Mnr. Bertus Goosen van Matlakeng, Botswana, se naam is al sinoniem met Graan SA en Omnia se boerepatentkompetisie op Nampo. Hy het vir sy 23ste agtereenvolgende deelname aan die kompetisie gespog met ’n standaardheiningsnoeier wat hy op ’n stellasie met wiele en ’n handvatsel aangepas om dit in ’n klein lappie lusern te gebruik. Die snoeier is op ’n skarnierkoppeling gemonteer sodat dit na albei kante kan swaai. Hy het ook ‘n staalkabel-afroller ten toon gestel.

‘n Kategoriewenner wat egter die verbeelding aangegryp het was ‘n windpomppatent ontwerp deur die 74-jarige mev. Dirkie Jerling van Hennenman. Haar plan het ontstaan uit bekommernis oor haar man, Stan,
‘n windpompversteller, se veiligheid. Haar patent behels ’n verstelbare raamwerk wat as ’n stut optree om ’n windpomptoring te laat sak sodat verstellings gedoen kan word. Hul verstelbare struktuur word op sowat driekwart die hoogte van ’n maspaal of windpomptoring geheg. Dan word
’n kabel aan die as van die stut geheg en beheer met behulp van ’n trekker
wat vorentoe of agtertoe beweeg, of ’n bakkie met ’n wenas. Wanneer die toring op ’n gerieflike hoogte laat sak is, kan die herstelwerk gedoen word. Daarna word die kabel weer ingekatrol

Die wenners in die afdeling vir nuwe masjinerie, werktuie en landbou-toerusting was mnre. Nico Jacobsz van die plaas Midlands, Wesselsbron, met sy ontbosser, Wayne Birch van Burchell Wildlife by Thabazimbi met sy verskuifbare wildvangboma (veranderde masjinerie, werktuie en toerusting), Chris Davel van Johannesburg met ’n beveiligingstoestel wat die diefstal van diesel (aangepaste gereedskap) voorkom, en Bertus Goosen van Matlakeng in Botswana met ’n boomsnoeier in die afdeling vir aangepaste tuintoerusting.

Bertus Goosen se boomsnoeier

Nico Jacobsz van Wesselsbron se ontbosserBertus Goosen se boomsnoeier

Chris Davel se peuterbestande brandstofsif.

Staalkabel-afroller ontwerp deur Bertus Goosen van Botswana

WOW Magazine – Living May 2019

Recent Posts

Start typing and press Enter to search