Grappies / Jokes

Boer betaal genoeg
‘n Ou plaasboer, George het ‘n klein plaas op Tosca gehad. Tosca se Departement van Binnelandse Sake het gemeen hy betaal nie sy werkers genoeg nie en stuur ‘n agent na sy plaas. “Ek het ‘n lys van jou werknemers nodig en hoeveel jy hulle betaal,” eis die agent. “Wel,” sê George, ek het ‘n plaasbestuurder wat al 3 jaar vir my werk. Ek betaal hom R600 per week plus gratis behuising. Die kok is al 18 maande hier en ek betaal haar R500 per week plus gratis behuising. En dan is daar die dom ou wat omtrent 18 ure elke dag werk en 90% van al die werk hier doen. Hy kry omtrent so R100 per week, betaal sy eie behuising en ek koop hom ‘n bottel brandewyn elke Saterdagaand.” “Dis die man met wie ek wil praat,” sê die agent. “Dis ek,” antwoord die ou plaasboer.

Boer se kinders
Andries, die boer, het so baie kinders gehad dat hy nie meer aan name kon dink nie. Toe begin hy sy kinders name gee van plaasitems. Dit was die eerste dag van skool en die onderwyser vra elke kind se naam. Toe hy by een van Andries se seuns kom, antwoord die seun: “Trekker.” Die onderwyser sê toe: “Ek het jou regte naam nodig, asseblief,” Die seun antwoord: “Dis Trekker, regtig meneer!” Die onderwys raak kwaad en sê die seun moet dadelik by die hoof se kantoor rapporteer. Die seun staan op, draai na sy suster en sê: “Jy beter maar saamkom, Hoenderveer, hy gaan jou ook nie glo nie.”

Waardevolle donkie
Paul was besig om op ‘n grondpad te ry toe hy ‘n groot groep mense langs ‘n plaashuis sien. Dit was ‘n koue Juliemiddag en hy stop en vra toe een van die boere hoekom so ‘n groot groep mense hier saamdrom. Die boer antwoord: “Joe se donkie het sy skoonma geskop en toe sterf sy.” “Wel,” antwoord Paul, “sy moes baie vriende gehad het.” “Nee,” antwooord die boer. “Ons wil almal die donkie koop!”

Baie kwaai boer
‘n Boer en sy nuwe bruid ry huistoe van die kerk af in ‘n perdewa wat deur 6 ouerige perde getrek word. Die voorste perd struikel. Die boer sê: “Dis die eerste keer.” ‘n Bietjie verder aan struikel die ou perd weer. Die boer sê: “Dis die tweede keer.” Ná ‘n rukkie, struikel die perd weer. Die boer sê toe niks en haal sy haelgeweer uit en skiet die perd morsdood. Sy nuwe bruid gil en sê vir haar man: “Dit was ‘n verskriklike ding om te doen.” Die boer antwoord: “Dis die eerste keer…”

Gorilla in dieretuin
Toe ‘n dieretuin se gorilla doodgaan het, huur die dieretuin se opsigter ‘n akteur gehuur om ‘n kostuum aan te trek en hom soos ‘n gorilla te gedra totdat die dieretuin ‘n ander een in die hande kan kry. In die hok trek die akteur gesigte, swaai rond en trek ‘n groot skare mense. Hy klim toe op ‘n muur langs ‘n leeu se hok en begin die leeu te irriteer. Die akteur verloor sy balans en val in die leeu se hok. Beangs, skreeu die akteur: “Help! Help my!” Die leeu spring op hom, maak sy groot bek oop en fluister: “Bly stil! Wil jy hê ons moet altwee gefire word?”

Beer loop deur
‘n Priester, dominee en ‘n rabbi wil sien wie doen die beste van ‘n saak. Hulle gaan toe ‘n woud binne om bere te soek en hulle te bekeer. Later toe vergader die drie om die saak te bespreek. Die priester begin: “Toe ek ‘n beer kry, het ek vir hom uit die Goeie Boek gelees en hom besprinkel. Volgende week is sy eerste Nagmaal.” “Ek het ‘n beer langs ‘n stroompie gekry en vir hom begin preek,” sê die dominee. “Die beer was so beïndruk dat hy my toegelaat het om hom te doop.” Hulle kyk altwee na die rabbi wat in gips was. “Weet julle, noudat ek daaraan dink, moes ek dalk nie met die besnydenis begin het nie.”

Wie blaf harder?
‘n Paar honde-eienaars argumenteer oor wie se troeteldier die slimste is. “My hond is so slim,” sê die eerste eienaar, “ hy wag elke oggend vir die koerantafleweraar om te kom. Hy gee dan die kind ‘n fooitjie en bring die koerant na my saam met ‘n koppie koffie.” Ek weet,” sê die tweede eienaar. “Hoe weet jy?” vra die eerste eienaar. “My hond het my vertel,” antwoord die tweede eienaar.

Drie boere
Drie boere gesels. Die eerste een vertel: “Ek het so ‘n groot appel in my boord gehad dat die stoel gebreek het waarop ek dit geplaas het. Tweede boer: “Ek het selfs ‘n groter een gehad – toe ek dit op die tafel sit, breek die tafel se pote. Die derde boer glimlag. Hy sê: “Ek het ‘n ongelooflike groot appel in my boord gehad. Ek het dit op my perdewa gesit.” Die ander twee boere val hom in die rede: “Het dit ook gebreek?” “Nee, ‘n wurm het uitgeklim en die perd opgevreet!”

WOW Magazine – Entertainment May 2019

Recent Posts

Start typing and press Enter to search