Platform vir JOU LANDBOUTOEKOMS

Platform vir JOU LANDBOUTOEKOMS

Die bywoningsyfer en aantal uitstallers van die 2018 NAMPO Landbouhandelskou het weereens alle rekords oorskrei. Dit kan aan verskeie faktore toegeskryf word.

Die belangrikste faktor is die positiewe verkoopsreaksie wat by die Skou ervaar word. Nóg een is die unieke demonstrasieprogram wat, buiten die statiese uitstallings, ook interaktiewe demonstrasies op standplase toelaat.

Alle bekende sektore van die landbou-insetverskaffers is verteenwoordig. Hulle wissel van trekker en implement- vervaardigers, die chemiese bedryf, kunsmismaatskappye en finansiële instellings tot voervervaardigers, landbouvoorligtingsdienste en kommersiële sektore, landbou- koöperasies en nutsmaatskappye soos Eskom.

Danksy die gediversifiseerde aard van somergraanverbouing, is die veebedryf baie goedverteenwoordig. Altesaam 31 beesrasse, 10 skaaprasse en 3 perderasse en 6 bokrasse was ten toon gestel. Verskeie ander bedrywe wat nie met landbou verband hou nie, stal ook hulle produkte uit, hoewel op beperkte skaal.

Die afgelope paar jaar het verskeie internasionale uitstallers uit lande soos Australië, Swede, die VSA, Brittanje, Italië, Pakistan, Duitsland en Brasilië ook aan die skou deelgeneem. Meer as 60 buitelandse uitstallers neem vanjaar deel.

Die 53 ste Oesdag beloof om weereens waardevol te wees vir produsente. Hier kan eerstehand die jongste

tegnologie, produkte en dienste in die landboubedryf op een terrein ervaar word. Die NAMPO Oesdag bied ook aan hulle die geleentheid om deur middel van debatvoering en gespreksforums kennis in te win van kundiges op verkeie terreine van die landbousektor. Deur hoë vlak uitstallings kry produsente ook direkte toegang tot persone wat spesialiste in hul gebied is.

Die NAMPO Oesdag is een van die grootste landboutentoonsteling van sy soort in die Suidelike Halfrond wat privaat georganiseer word. Interaktiewe trekker- en implementdemonstrasies waar boere aktief betrokke kan raak is ‘n unieke eienskap van die skou.

Die Oesdag bied ook ‘n ekslusiewe vroueprogram aan. Netwerk 24 sal weer vanjaar die program behartig en Koekedoor se Marli Visser sal die kosvertoning aanbied. Susan Coetzer en Erns Grundling sal onderskeidelk ‘n boekgesprek behartig en Jak de Priester sal sorg vir musikale vermaak.

Graan SA poog om steeds die geleentheid doelgerig te hou as ‘n landbou- en handelstentoonstelling.

WOW Magazine – Living May 2019

Recent Posts

Start typing and press Enter to search