Skole Nuus Mei 2019

Jaco Anderson van KHS is gekies vir die Noordwes Platteland span wat deelneem aan die S.A. Platteland week. Jaco wat ook al Noordwes o/19 en S.A. Skole verteenwoordig het is ons KHS gholf trots.Leon Bevan is as die spanbestuurder aangewys vir die toernooi waar Noordwes ook die verdedigende Kampioene is na hul oorwinning by die toernooi in 2018. Leon is ook by die onlangse Noordwes AJV verkies as President van Noordwes Junior Gholf en as vise-President van die Noordwes Gholf Unie

Met die SA Lewensredding-kompetisie wat van 24 Maart – 30 Maart 2019 in Port Elizabeth plaasgevind het, is Marnitz van den Berg ingesluit in die Inter Provinsiale groep wat Noordwes Kleure verwerf het en op 27 April 2019 in Pretoria deelgeneem het.

Micheline Visage

Aiden van Zyl en Ruan Bekker van Laerskool Goudkop is ingesluit in die O/12 KOSH Rugbygroep wat deurgedring het vir verdere proewe wat plaasvind op 17 April in Potchefstroom

Dian Jacobs en Micheline Visage het aan Talent Africa deelgeneem. Hulle het beide goud behaal en kwalifiseer vir SA kleure en is uitgenooi om SA in New York in Junie 2019 te verteenwoordig. Dian het goud verwerf in die kategorie Model Casual & Model Group, silwer vir Hip Hop dans en ‘n spesiale toekenning vir die beste modelgroep. Micheline het goud verwerf in die kategorie Model Group, brons vir Lyrical en ‘n spesiale toekenning vir beste Modelgroep.

Rowan en Ryan Scheepers het oor die naweek aan die Ju Jitsu SA Kampioenskappe deelgeneem. Rowan het ‘n 4de plek behaal en ontvang ‘n medalje. Ryan behaal ‘n 1ste plek en ontvang ‘n goue medalje

Die volgende Gr. 6 seuns het NW-Kleure verwerf vir 0/12 binne huise krieket. Hulle het vanaf 24-30 Maart, Noordwes in Port Elizabeth verteenwoordig tydens die S.A toernooi. Cody Correia, Sternberg Boshoff, CJ Swart (Keenan Olivier – afwesig met neem van foto)

Op 13 April vind die 5de AMSASA (Abacus Maths Soroban Association of South Africa) Nationals, te Hoërskool Florida plaas. A.J. Brits behaal ‘n silwer medalje in vlak 9.

Super 12: Eerstespan in aksie teen Laerskool Goedehoop en Menlopark.

Mathye de Wet het Saterdag 13 April aan Klerksdorp School of Gymnastics se Gimnastiek Kompetisie deelgeneem. Sy behaal ‘n algehele 2de plek vir meisies 0/6 vlak 1 en ontvang ook ‘n silwer medalje.

Top Learners: FOUNDATION Phase
Grade R: Ntando Bikani, Grade 1: Boitumelo Mofokeng Grade 2: Lesego Moremi, Reneilwe Sebothe Grade 3: Katlego Makgeledisa

Die eerste netbalspan tydens die Super 12 wedstryde te Tukkies. Pragtig gespeel meisies!

Top Learners: INSEN Phase
Grade 4: Bontle Mphahlele, Maatla Montsho Grade 5: Dilemo Mahapela, Grade 6: Ethan Kungu Grade 7: Setsoto Lechesa

WOW Magazine – Skole Nuus Mei 2019

Recommended Posts

Start typing and press Enter to search