Skole Nuus Julie 2019

KHS o/15 NETBAL – NOORDWES KAMPIOENE KHS se o/15 netbalspan het deurgedring na die Noordwes finale uitspeel wat gehou was in Rustenburg die afgelope naweek. KHS het in die groepfase op die verkeerde voet begin deur naelskraap te verloor ten Bergsig met 11-13, maar het opgemaak met goeie oorwinnings oor Wesvalia 19 – 6 en Lichtenburg 21 – 9. KHS het vir Volkskool 17 – 8 geklop in die semi-finaal en speel toe teen Rustenburg Hoërskool in die spannende finaal. Die twee spanne was gelykop toe die eindfluitjie blaas en KHS behaal toe die oorwinning in ekstra tyd met 17-16. Hulle speel nou in die SA Hoërskole finaal.

Johanell Lessingh het ook deelgeneem aan Sanesa perdskou te Harties. Hier is sy en haar perd Medway Absolutely Priceless. Sy het ‘n eerste plek behaal in : Hand Utility, tweede in Performance Riding en ‘n derde plek in Working Riding.

Loené Olivier is een van ons perderuiters wat baie goed presteer het by die tweede skou van Sanesa vir die jaar. Uit haar vyf items waaraan sy deelneem behaal sy twee derde plekke en een tweede plek! Baie geluk Loené! KHS is trots op jou!

Baie geluk aan Noordwes Luggeweer Skuts wat Saterdag, 15 Junie deelgeneem het aan die OVL Ope te Vanderbijlpark. Heelwat medaljes is teruggebring huis toe en daar was ook skuts wat hule eerste Ope afgelê het. Ons is super trots op elkeen van julle wat ons provinsie se naam so mooi hoog hou.Medaljes:Foto (vlnr): Marcel Meyer, Justin de Beer, Tristan Morgan, Martelize Pretorius, Hanja Pretorius, Elmary Oosthuizen, Jonelri Jacobs, Wilmari Claase en Martin Scholtz.Afwesig: Dawn McDonald, Elana Jordaan en Zander Gainsford

Die 0/9A Rugbyspannetjie het ‘n naelbyt-wedstryd teen Bailie Park gehad op Dinsdag, 11 Junie. Die mannetjies het egter vasgebyt en toe die eindfluitjie blaas, was hulle gelykop. Beide spanne tree dus as Noordwes Wenners uit die stryd en vanuit Hoffieland wil ons graag die spelers, afrigters en ouers hartlik bedank vir die wonderlike seisoen wat julle agter die blad het.

Hoffie Netbalspan presteer by Best Schools Tydens Saterdag, 1 Junie se Best Schools Tournament te Rustenburg, het Laerskool La Hoff se 0/12 A-Netbalspan baie mooi gespeel en daarin geslaag om tot die finale deur te dring. Tydens hierdie wedstryd het hulle klipharde, maar goeie netbal gespeel en 2de in Noordwes ge-eindig. Hulle gaan vanaf 26-27 Julie deelneem aan die SA’s wat te EG Jansen, Boksburg plaasvind. Hoffieland is baie trots op hierdie dogters en hulle afrigter en ons wens hulle alle sterkte toe met die voorbereiding. Voor: Chané van Jaarsveldt, Stéphane du Preez, Mieke Kromhout, Leah Snyman Agter: Tarien Duminy, Chené coetzee, Karlene Venter (afrigter), Marizé Boshoff, Shenique Coetzee
KHS

Zander Nel het tydens Dimension Data O/15 toernooi by Fancourt in George deelgeneem.

Die senior hokkie dogters was op n hokkiekamp by Nyati Bush and River Breakaway. 13 spanne van ander skole was betrokke. Die dogters het baie nuwe vaardighede aangeleer en lekker aktiwiteite aangepak. Hulle het die volgende prestasies behaal: Zandrie Marx beste agterspeler, Megan Calitz mees motiverende speler op die veld, Lize van Rooyen belowendste speler 0/12 en Juf.Chandre Minnie was aangewys as mees insigewende afrigter vir die naweek.

Baie geluk aan Gideon Geldenhuys wat tydens die SA kampioenskappe te Pietermaritzburg (Time Trial “TT”) 9de algeheel en 1ste Noordwes in geëindig het.

Neliké van den Berg het op 15 Junie 2019 Noordwes verteenwoordig by die SA Northzone Gimnastiek kampioenskappe te Pretoria. Sy verwerf goud in ‘level 1’.

NW Landsdiens Provinsiale Kamp 2019 14 Junie tot 18 Junie 2019 Baie geluk aan die volgende leerders met hul onderskeie prestasies tydens die NW Landsdiens Provinsiale kampt van 14- 18 Junie: KAMPLEIER Marius Roos, GROEPLEIERS Chenique Terblanche, Elzandri Carelsen, Mia du Preez, NASIONALE KAMP Marius Roos, Mia du Preez, Elzandri Carelsen, Chenique Terblanche, Regan Renken. Marius en Elzandri gaan NW in onderhoude verteenwoordig INTERPROVINSIALE KAMP Samantha Marais, Carmi Keyser, Dirk van Straten GROVENOR OORLEWINGSKAMP Ethan Terblanche

Samie 0/12 KOSH-spelers het Vrydag en Saterdag teen o.a. die Westelikes, Sentraal en Rustenburg gespeel te Laerskool La Hoff. Agter: Jatin Marais, Franco Dumond, FJ Erasmus en De Wet Le Roux Voor: Ruan Smit en Wandre Venter.

WOW Magazine – Skole Nuus July 2019

Recommended Posts

Start typing and press Enter to search