Die sensuele “sexy” vrou Deur Lizelda Goslin

Meeste vrouens is oortuig dat ‘n fyn, goed gedefinieerde liggaam, lang bene, sensuele mond en die regte “bate” grootte, die perfekte beskrywing is vir sensualiteit of “sexy” wees. In der waarheid sal mense se koppe draai as die dame oor al hierdie eienskappe beskik, maar na ‘n uur in haar geselskap mag vele mense besluit dat sy nie noodwendig so ‘sexy’ is soos wat hulle aanvanklik gedink het nie.

Om sexy te wees op die oog af, is soos kunswerke… en nie almal vind dieselde kunswerke interresant of mooi nie. Almal se smaak verskil, en so verskil almal se definisie van wat nodig is vir ‘n vrou om op die oppervlakte sexy te wees. Natuurlik sal sekeres groter “bates” verkies, terwyl ander na die bene kyk, maar wie is eintlik die vrou wat in murg en been sexy is?

Dit is die vrou wat in kontak met haar vrou-wees is. Die persoon wat bewus is dat sy anders as mans is, met sekere sterker eienskappe soos begrip en empatie, met ‘n sagter vel en sagte stem. Die wete dat vrouwees ‘n keuse is tussen katoen en kant, tussen verleidster en mamma, tussen grimering of net maskara. Die wete dat ‘n vrou uniek is met haar spesiale uitlewing van haar vrouwees, gee vroulike selfvertroue wat die eerste tree is om sensueel te wees.

Met die bewustheid van vrouwees as die fondament, is sensualiteit in die persoonlikheid geanker. Sensualiteit is wat vroue sê, hoe hulle dit sê, hoe hulle optree en watter indruk hulle laat na ‘n kuier of sommer net ‘n kort gesprekkie. Alle vrouens kan te veel drink, vloekwoorde gebruik, luidrugtig wees en sommer lawwe of onnadenkende dinge aanvang, maar sensuele vroue is beheerst, hulle stemtoon, hulle keuse van woorde en hulle gedrag. Dit beteken glad nie dat ‘n sexy vrou nie pret mag hê nie. Inteendeel, is dit verhoudingspesialis, Dr. Babara Greenberg se opinie dat sexy vroue hulle heerlik kan geniet, maar hulle weet waar die fyn lyn tussen genot en om selfbeheersing te verloor, is. Selfvertroue en om seker van jouself te wees, is ander eienskappe wat uitstaan as sensueel en sexy wat deur navorsing van die “Men’s Health Magazine” (2015) bepaal is. Mans vind dat ‘n vrou wat seker is van haarself en gemaklik met haar lyf en persoonlikheid is, meer aantreklik is as ‘n mooi vrou wat selfbeeld krisisse het. Negatiewe vroues is ook soos ‘n brandblusser vir mans volgens Antonia Hall (skrywer van “The Ultimate Guide to a Multi-Orgasmic Life”). ‘n Vrou wat kla, kritiseer en meerendeels die negatiewe van die lewe raaksien en uitwys, verloor baie maklik die bewondering en ondersteuning van ‘n man.

Vrouens wat onafhanklik is en hul eie lewe het, is ook meer aantreklik. Hulle is egter nie so onafhanklik dat hulle glad nie ander persone nodig het nie, maar hulle is in balans. Hulle is sterk want hulle kan baie dinge in die lewe hanteer, maar nie koud nie, dus sal hulle wel soms ‘n skouer nodig hê om op te leun. Vroue wat met ander woorde minder “needy” is, is meer aantreklik vir meeste persone.

In opsomming is vrouens wat in kontak is met hul vrou-wees, wat gebalanseerd is, die lewe kan geniet, maar selfbeheersing kan uitoefen, wat sterk maar tog kwesbaar is en wat nie negatief is nie, sexy.

WOW Magazine – Living August 2019

Recommended Posts

Start typing and press Enter to search