Gelukkig In Klerksdorp – Abigail Pretorius

“Klerksdorp se mense is warm en vriendelik” sê Abigail Pretorius. Sy en haar gesin het ‘n jaar gelede na Klerkdorp verhuis toe haar man, Andre die pos as Handelaarshoof by NTT Nissan Klerksdorp gekry het. “Ons is baie gelukkig hier.”

Abi, soos sy onder haar vriende bekend staan, het in Amanazimtoti, Kwazulu Natal grootgeword en daarna na Middelburg Mpumalanga verhuis waar sy haar man, Andre, wat toe as motoverkoopsman gewerk het, ontmoet het.

Na ‘n skrikwekkende ervaring met een van haar kinders wat verstik het, is Abi se belangstelling in gastriese- en lugweg probleme geprikkel en dit het daartoe gelei dat sy deur navorsing op ‘n produk genaamd “LifeVac” afgekom het. Sy het ‘n maatskappy met die naam LifeVac SA gestig en is die enigste invoerder van hierdie produk in Suid Afrika.

Terwyl Abi in die motorhandel gewerk het sy ook haar passie vir modelwerk bly uitleef. Sy het reeds op die roëe ouderdom van 4 jaar begin met modelopleiding en was versot daarop. In die jare wat gevolg het, het sy aan vele skoonheidskompetisies deelgeneem en baie titels ingepalm, onder andere Little Miss South Africa. In 2005 en 2005 het sy ingeskryf vir Miss Africa en weggeloop met die titel van Model van die Jaar en
2 keer in die top 5 geëindig.

Abigail Pretorius as model

Skoonheid en modelwerk was iets wat sy baie geniet het en dit was dus vanselfsprekend dat sy opgang wou maak in die bedryf. Sy het selfs as onderklere- en loopplank model vir verskeie agenskappe werk gedoen.

Abi en Andre is die trotse ouers van twee dogters, Mianique (11) en Annabel (9) en ‘n seun, Jean-Andre (5). Die dogters het hul ma se belangstelling in modelwerk geërf en neem ook aan kompetisies deel. Juan-Andre geniet dit weer baie om saam met sy pa vis te vang. Die dogters vang ook saam vis en het al heelwat blinkes uit die water getrek.

Abigail se raad aan vroue is om van jongs af na jou vel te kyk en ‘n goeie skoonheidsroetine te volg en belangrikste van alles, om baie te lag. “Lag plooitjies is baie mooier as fronsplooie. Lag meer,” stel sy voor.

Vir ouers wat graag hulle kinders se modelwerk wil bevorder, sê sy is dit belangrik om die regte modelskool en agentskap te kies. “Modehuise soek gedurig na nuwe gesiggies om hul klere in tydskrifte en op TV te bemark. Die geleenthede vir kindermodelle is volop.”

“Kinders, jongmense en volwassenes wat ‘n model-agtergrond het, staan uit bo ander in ‘n sosiale opset. Hulle leer om goed te kommunikeer en met selfvertroue op te tree,” sê sy.

Abi sien uit daarna om meer mense in Klerksdorp te ontmoet en ‘n integrale deel van die gemeenskap te word.

Voorblad foto geneem by: Fountain Villa

WOW Magazine – Women August 2019

Recent Posts

Start typing and press Enter to search