Grappies / Jokes

Spog
Die twee ou skool pêlle, Piet en Koos, loop mekaar raak na twintig jaar. “Haai, ou Piet, jy lyk goed man. Wat het jy met jou lewe gedoen na skool?” vra Koos. “Nee,” sê Piet, “ek het Tale gaan swot op Tukkies en het my Honneurs behaal. Daar het ek toe ook my vrou ontmoet. Sy skryf gedigte en prosa en het ‘n Meestersgraad in Letterkunde. My seun is ‘n konsertpianis in Amerika vir die Amerikaanse Philharmoniese orkes en my dogter is die hoofballerina in Londen se geselskap. Julle moet een aand oorkom dan hou ons ‘n kultuur-aand.” “En wat het jy met jou lewe gedoen, Koos?” vra Piet. “Nee,” sê Koos, “ek was mos al op skool al ‘n bietjie bakleierig en het toe na skool maar ‘n bokser geword. Daar het ek ook my vrou ontmoet, die dogter van ‘n promotor, en in daai tyd kon die vrouens mos nie boks nie toe begin sy met karate en sy het haar black belt gekry voor ons eerste kind. Ons seun het onlangs sy nasionale kleure gekry in stoei en my dogter verteenwoordig ons land in Judo. Julle moet een aand oorkom dan moer ons julle.”

Ek dink nie my vrou is snaaks nie
Ek dink nie my vrou is snaaks nie – toe ons gaan uiteet bestel sy vis. Die kelner vra haar in Engels, “What about the vegetable?” Toe sê sy: “Hy sal seker ‘n steak eet”.

Blond en die fliek
Die blond sit in die filmteater en net toe die fliek begin staan sy op en skuifel verby almal om uit te kom. ‘n Ou vererg hom en sê: “Kon jy nie uitgegaan het voor die fliek begin het nie?” “Duh!”, sê die blond, “Hulle het nou eers op die skerm gewys alle selfone moet af wees en myne lê in my kar.”

Gatiep kan nie eet of slaap nie!
Gatiep: “Vandat my vrou weg is kan ek nie eet of slaap nie!” Adoons: “Was jy so lief vi ha?” Gatiep: “Nee, sy’s weg met die matras en my tande”

Jou glas is dan leeg
Jong man by partytjie: “Ek sien jou glas is leeg, kan ek vir jou nog enetjie gaan haal?” Blond: “Nee dankie, wat wil ek met twee lëe glase maak?”

Die miere en die olifant
3 Miere sien ‘n olifant aangestap kom. Mier 1 sê: “Kom ons maak hom dood.” Mier 2 sê: “Kom ons breek sy bene.” Mier 3 sê: “Ag nee ouens, kom ons los hom. Hy is net 1 en ons is 3.”

Vry man
Vrou soek haar man orals rond en kry hom in die garage langs die kar en huil. Sy vra: “Wat’s fout?” Hy sê: “Onthou jy die dag toe jou pa ons die eerste keer gevang het en onthou jy toe hy sê ek moet met jou trou of tronk toe.” “Ja, sê sy.” “Wel, vandag sou ek uitgekom het.”

Tien uur word die ligte afgesit!
Sannie se pa was maar onrustig met Jannie wat kom kuier en tree hom aan. “Kyk”, sê hy vir Jannie, om 10 uur sit ek die ligte af.” Jannie merk ewe verwaand op. “Nee, dis reg oom, ek het nie kom boek lees nie!”

Oom Kallie in New York
Oom Kallie en Tant Anna ry in New York toe ‘n taxi langs hulle stop. Die taxidrywer se toe vir hulle: “Good Morning!” Tant Anna vra toe vir Oom Kallie: “Pappa, wat sê hy?” “Ag, hy sê sommer hallo.” Eh hulle ignoreer hom toe verder. “Hey, where are you from?” “Pappa, wat sê man?” Oom Kallie antwoord: “Ag, hy vra sommer waarvandaan ons kom.” En hulle antwoord: “South Africa.” Die taxidrywer sê toe: “Hey, I’ve been to South Africa and I had the worst sex there ever!!!” Tant Anna vra toe weer: “Pappa, wat sê hy?” Oom Kallie: “Hy sê hy dink hy ken jou!!”

‘n Lesing
Die spietkop trek die ou oom van 78 af ongeveer 02h30 in die oggend. Die oom is goed gesool! Spietkop: “My oom, jy is smoordronk, en nou bestuur jy die tyd van die oggend. Waar is jy oppad? Oom: “Nee, ek is oppad na ‘n lesing toe”. “Spietkop: “Lesing??? Strooi man, waarheen is jy oppad?” Oom: “Ek is oppad na ‘n lesing oor drankmisbruik, alkoholisme, dobbelary, verbode seks, en opkikkers”. Spietkop: “En wie sal nou die tyd van die oggend so ‘n lesing aanbied?” Oom: “My vrou natuurlik!”

Jy besef jy is besig om oud te raak as …
• Jy agterop ‘n nuwe CD nie kan agterkom watter is die lied se naam en watter is die sanger(s) s’n nie.
• Mense sleg voel om jou na 9 saans te bel
• Daar niks meer is wat jy nog op die harde manier moet leer nie
• Jy partykeer aandete eet as die son nog skyn
• Jy jouself as ‘n kenner van mediese fondse en pensioenplanne beskou
• Spoedbeperkings nie meer vir jou ‘n uitdaging is nie

WOW Magazine – Entertainment August 2019

Recent Posts

Start typing and press Enter to search