Om Vrouemaand te vier Piet se storie

As ek terugdink aan daardie oggend in Julie, toe Ander Piet so bekaf gelyk het, dan besef ek, ek moes die tekens vroeg reeds raakgesien het: daardie tekens wat uitsaai: “Ek is gatvol vir die deurmekaar werf”, “Ek is gatvol vir stukkende karre”, “Ek is gatvol vir die @#$#@&%* ganse wat die tuin verwoes” en so het die tirades die een na die ander gevolg.

Ek en Hennie het baie diskreet in ‘n “wênkie” geklim en maar liewer iets ligs gaan neem in voorbereiding en antisipasie vir wat kom. “Wie is die antie en wanneer kom sy en wat kom maak sy op die plot?” wil Hennie weet. Ek het liewer nie probeer nie en net gesê : “Dis familie”.

Toe ons so net voor elf terugkeer, sit Ander Piet op ‘n klip onder ‘n boom en ek merk op hy het mooi afgetree: beslis buite trefafstand van projektiele. Ek sal liewer Hennie se navraag oor die “iele” liewers ignoreer.

Ons kry die boodskap: Babs het besluit, so in die lig van Vrouemaand, sal die plot deeglik “volgens vrouestandaarde” skoongemaak en reggepak sal word. Ek en Hennie probeer suutjies wegsluip, want ons weet wat lê voor, maar die hek is gesluit.Ek stel voor ons trek ‘n inventaris op en maak of ek Hennie se navraag na die nuwe vent nie hoor nie.

Ons skryf al die voertuie op van dag en datum van aankoms op die plot met ‘n kort aantekening van die moontlike oorsaak. Na ons die vorige tien jaar se inskrywings gemaak het en besluit dat die gevalle nie meer herstelbaar is nie veral weens die “leen” van broodnodige onderdele, besluit ons dat die voertuie tot “Agter die stoor” verban word.Toe ek ‘n slag opkyk na die bo stoep, lyk dit vir my of ons darem indruk maak: Babs glimlag selfs effens.

Toe vat ons die volgende groep: Elkeen kry ‘n verwysingsnommmer met SHUSHINE opgeskryf en numeries onder die bome en afdakke ingetrek.
Dit begin al amper beter lyk. Hennie het ‘n allemintige veldslag teen die ganse geloods, maar eers die oorhand begin kry toe hy ‘n special by die pad aangekondig het maar, JY MOES JOU GANS SELF VANG!!!

Nadat die werf in sierpatroontjies gevee is en voor ons ietsie op die harde werk gebruik, breek die hoogtepunt aan. Ander Piet het sy gesig gewas en sy hare gekam en Hennie het Babs voordeur toe geroep en Ander Piet het vir haar ‘n bossie rooi rose gegee, en daar trek ons die gordyn oor Vrouemaand 2019.

WOW Magazine – Entertainment August 2019

Recommended Posts

Start typing and press Enter to search