Grappies / Jokes

ONKUNDE EN APATIE
Huiseienaar: “Dis die aakligste konstruksiewerk wat ek nog ooit gesien het! Is dit omdat jy onkundig of apaties is?” Kontrakteur: “Ekskuus? Ek weet nie wat jy bedoel nie.” Huiseienaar: “Ken jy die verskil tussen onkunde en apatie?” Kontrakteur: “Nee, maar wie gee om?”

BLONDE BOUERS
Twee blonde vrouebouers werk aan ‘n huis. Een blonde staan op ‘n leer, besig om spykers in te slaan. Sy neem ‘n spyker uit ‘n houer, kyk daarna en gooi dit óf oor haar skouer óf hamer dit in die hout in. Die ander blonde kon dit nie langer hou nie en vra: “Hoekom op aarde gooi jy van die spykers weg?” Die ander blonde antwoord: “Wanneer ek die spyker uithaal en dit wys na my toe, gooi ek dit weg. As dit na die huis se kant wys, kan ek dit gebruik!” Die ander een antwoord ontsteld: “Moenie daardie spykers wat na jou toe wys weggooi nie! Dis bedoel vir die ander kant van die huis, simpel!”

HOE LANK?
‘n Paar bouers ry na die plaaslike timmerhouthandelaar. Een loop na die kantoor en sê: “Ons het ‘n paar vier-by-twee’s nodig.” Die stoorman vra: “Jy bedoel seker twee-by-vier’s, nè?” Die man antwoord: “Ek sal gou seker maak,” en gaan terug na die bakkie. Hy kom terug en sê: “Ja, ek bedoel tweeby-vier.” “Goed dan, hoe lank benodig jy dit?” Die man aarsel vir ‘n minuut en sê: “Ek beter gaan seker maak.” Na ‘n ruk, kom hy terug en sê: “Vir lank, asseblief. Ons bou ‘n huis.”

SLIM BOUER
‘n Arrogante jongman begin sy loopbaan by ‘n konstruksieperseel en begin spog oor sy oormatige krag.  Hy dryf die spot met veral die ouer werkers. Die werkers raak toe naderhand moeg vir die jongman se gedurige spottery. Een sê: “Hoekom sit jy nie jou geld waar jou mond is nie? Ek wed jou ‘n week se lone dat ek iets na daardie ander gebou in hierdie kruiwa kan neem en jy sal dit NOOIT kan terugbring nie.” Die jongman lag en daag die ouer man uit. Die ou man gryp die kruiwa en glimlag vir die jongman.  “Ok, klim in…”

SELFDOENERS
Dit was ons eerste huis en ons is geesdriftige selfdoeners en vol entoesiastiese planne. Ons het gedurig geverf, gemuurpapier, lamlendige trappe herbou en herhaaldelik ‘n lekkerige kelder gemop en herstel totdat dit perfek was. Uitgeput na ‘n naweek van selfdoenprojekte, het ons een Sondagaand vroeg gaan slaap. Ek kon sien my man was baie moeg. Toe ek die bedlampie afsit, kom ‘n amper spokerige silwer lig deur die gordyne. “Kyk, my man” sê ek, “die maan is amper vol.” “Toemaar,” sê my man met ‘n gemurmel onder sy kussing. “Ons dit more-oggend leegmaak…”

VUIL VENSTERS
‘n Vensterverskoopsman skakel ‘n kliënt: “Hi, Mnr Schoeman. Ek skakel omdat ons maatskappy al die venters in jou huis met ons dubbelverglansde, weerbeproefde vensters meer as ‘n jaar terug vervang het en u het nog nie ‘n enkele betaling gedoen nie.” Die kliënt antwoord: “Maar jy het dan gesê die vensters sal HULSELF in 12 maande betaal.”

DIE BESTE PASIËNT
Vier chirurge bespreek die eienskappe van die beste pasiënt. Die eerste een sê: “Ek hou van rekenmeesters, want as jy hulle oopmaak, is alles genommer.” Die tweede een reageer: “Ja, maar jy moet ‘n elektrisiën probeer! Alles in hulle is gekleurkodeer.” Die derde chirurg sê: “Ek hou meeste van bibliotekarisse; alles in hulle is in alfabetiese volgorde.” Die vierde een reageer: “Jy weet, ek hou van konstruksiewerkers – dit is asof hulle verstaan wanneer jy ‘n paar parte aan die einde oor het en wanneer die werk langer neem as wat dit sou.”

WOW Magazine – Entertainment September 2019

Recent Posts

Start typing and press Enter to search