Skole Nuus September 2019

KHS: RUITERS
KHS se ruiters neem aan verskillende vorme van ruiterkuns deel. Lerieschka Vogel en AJ Ernst is twee graad nege leerders wat Noordwes verteenwoordig het by die bekende Fauresmith-uithourit oor 206 km. Beide leerders het die uitmergelende uithourit voltooi. Lerieschka eindig onder die top tien ruiters. Noordwes is die naaswenners van die uithourit en verwerf ʼn silwer medalje. Sy verwerf haar provinsiale kleure met trots as erkenning vir twee elite ritte. Leoné Olivier behaal tydens die tweede SANESA Qualifer in Junie twee derde plekke en ʼn tweede pelk. Sy neem ook aan die derde SANESA Qualifer deel. Sy en haar perd presteer puik in die verskillende kategorieë waaraan sy deelneem. Sy verwerf twee derde plekke, twee tweede plekke en ʼn eerste plek op 8 Julie tydens die kwalifiserende rondte. Johanell Lessingh is ook ʼn kranige ruiter wat ook puik presteer. Sy neem ook aan die tweede SANESA Qualifer deel by die Harties Ruiterklub in Junie en verwerf ʼn eerste plek in “hand utility”, ʼn tweede plek in “performance riding” en ʼn derde plek in “working riding”.

LAERSKOOL LA HOFF: SKAAK
Die volgende leerders van Laerskool La Hoff kwalifiseer om deel te neem aan die Suid-Afrikaanse Skaak Kampioenskappe vanaf 3 tot 12 Januarie 2020

Voor: Lian Krugel, Ashton Ward, JG Benade, John Jordaan, Shaylee Havenga Agter: Dihan Ouwencamp, Jaden Viljoen, Dailien Jordaan, Wessel Sevenster Afwesig: Martin Venter, Tristan Cordier, Chanique de Bruyn

LAERSKOOL LA HOFF: KRIEKET
Laerskool La Hoff is trots op die volgende seuns wat opgeneem is in die O/13 en O/11 KOSH Krieketspan.

Voor (O/13 KOSH Krieketspan): Chad Hofmeyer, Stephan Janse van Rensburg, Dihan Ouwencamp, Decon Loots, Gerlu Strydom Agter (O/11 Krieketspan): Alex Carney, Dundré Hales, Wilson Letholi, Ethan Walker, Ruben de Klerk

LAERSKOOL SAAMTREK: KARATE
Lamoni Coetzer het groot hoogtes bereik tydens die SA Women’s Cup karate byeenkoms te Durban. Slegs ses deelnemers in elke gewigsafdeling is uitgenooi om deel te neem. Lamoni behaal goud! Samies is trots op haar!

LAERSKOOL SAAMTREK: EISTEDDFOD
Laerskool Saamtrek is tydens die NW Musikon Eisteddfod gala-aand aangewys as die laerskool wat die beste presteer het tydens die Eisteddfod. Baie dankie aan elke Samie wat aan die Eisteddfod deelgeneem het. Ons het vier kategorie wenners: Elan van Dyk en Deonél le Roux – Gedramatiseerde prosa – Junior afdeling Henrico Prinsloo – Voordrag – Junior afdeling Jenna van Dyk – Junior houtblaser Fené Combrink – Junior kuns – Gr. 1-3

LAERSKOOL SAAMTREK: KUNS
Skeppende Kuns gr. 7: ons is besig met ‘n projek waar ons ‘n boomhuis uit afvalmateriaal skep. Kyk hoe kreatief is die Samies! Hier is gr. 7/2.

Dillon Beukes, Quewen Fourie en Ruan Stopforth gaan van die 20 tot 22 September aan die krieket streekstoernooi in Lichtenburg deelneem.

LAERSKOOL GOUDKOP
Baie geluk aan Ruan Bekker 0/11 wat KOSH-Rugby span gehaal het.

LAERSKOOL GOUDKOP
Baie geluk aan Hahnah Murphy wat verkies is vir die 0/13 Noordwes Hokkie span.

KHS: TROMPOPPIES
KHS se trompoppies gaan jaarliks van krag tot krag. Nie net is hulle Noordwes wenners in al die katergorieë nie, maar het ook twee posisies verbeter tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskappe te Oos London gedurende die Julievakansie. Hulle kompeteer in die Elite liga. Die Pom-pomgroep behaal ʼn tiende plek, die Vlaggroep ʼn agtste plek, die Stokgroep ʼn negende plek, die Batongroep ʼn tiende plek. Small Drill: die hoofleidster eindig agtste, die subleidsters tiende en die Squad negende. Large Drill: die hoofleidster eindig twaalfde, subleidters elfde, en vir Display ʼn tiende plek.

WOW Magazine – Skole Nuus September 2019

Recommended Posts

Start typing and press Enter to search