BAIE VIR MA’S EN KINDERS BY VANJAAR SE AARDKLOP

Vir die kinders om van te kies en te keur!

KlopKidz – Bekendes maak storietyd vir kinders lewendig. Interaktiewe dramaklasse, werkswinkels en heerlike vermaak vir kleuters en laerkoolleerders op die feesterrein. Die opwindende program word deur Anna Davel saamgestel. Slegs R10 vi kinders onder 12.

Kinderteaterproduksies sluit in die “ware” verhaal van die Drie Varkies, Liewe Loeloe en Moenie-Boelie-Masjien en Klikkerland – Lag ‘n Slag. Hierdie produksies word bekostigbaar teen slegs R80 aangebied – ‘n belegging in die teatergehore van more!

Ook op die feesterrein is ‘n spesiale speelarea vir kinders. Ouers kan met gemoedsrus die kroos by die speelarea los en die fees op hul eie tyd ervaar en geniet.

Poenankies – ’n Versameling kinderstories deur bekendes

Die aktrise en kinderboekskrywer, Milan Murray, het ’n paar bekende Afrikaanse kunstenaars genooi om saam met haar ’n bundel kinderverhale en -verse vir ses- tot negejariges saam te stel. Met Jana Cilliers, Gielie Hoffman, Marisa du Toit en Milan Murray Gespreksleier Rozanne McKenzie Vrydag 27 Sept, 15:00

Liewe Loeloe en die Moenie-Boelie-Masjien

Dis vakansietyd en die Vlakplaas Vaaljapies is terug met ’n splinternuwe avontuur in die Liewe Loeloe-reeks.

Ouma Dot het ’n MOENIE-BOELIE masjien gebou… want ’n boelie is mos ’n buffel wat maatjies karnuffel, hy swaai sy vuiste wild en woes en almal moet buk en koes!

Ouma Dot leer Loeloe en Jorsie hoe om boelies soos Tommie Tergtand, Pottie Pootjie en Sarel Suurappel Swaaier mak soos lammetjies te maak. Loeloeraai, tiekiedraai, een, twee, drie en sê koebaai! Met: Ilne Fourie, Schoeme Grobler, Barend Kriel
NWU Roots, 24, 27 Sept 13:00, 25, 28 Sept 09:00, 26 Sept 11:00, R80, 45 min, Kinderteater, Gesin, Afr

Sit die tjerry op die koek – leer bak!

Het jy tot dusver nog nooit kans gesien om te leer bak nie? Dan is hierdie prettige werkswinkel net die kans vir jou!

Met: Sjef Nathan Robinson Aangebied deur: Potchefstroom Chef Academy @ The Roots Chef Academy @ The Roots, 26 Sept 11:00, R280, 180 min, Koswerkswinkel, Gesin, Afr

Vonkelwyn en macarons

Te midde van al die swaarmoedigheid in hierdie ou wêreld het ons almal ’n behoefte aan ’n tikkie lighartigheid en uitspattigheid. Vonkelwyn is ’n matig-soet, borrelende drankie, gemaak van wyn wat verskeie prosesse ondergaan.

Macarons (makrolletjies), wat reeds sedert die Renaissance gebak word, is tans weer hoogmode en baie swierig. Geniet dié twee heerlikhede saam en verras jou smaaksintuig met delikate smelt-in-die-mond genot!

Gasheer: Chris de Klerk Aangebied deur: Potchefstroom Chef Academy @ The Roots Ondersteun deur: Distell. Roots Restaurant Dandelion, 26, 27, 28 Sept 12:00, 26, 27, 28 Sept 18:00, R170, 60 min, Proe-ervaring, Geen o/18 (A), Afr

Pasta-passie en Italiaanse disse

Vir Italianers is kos nie bloot voeding nie, dit is die lewe… Maaltye bind vriende en familie gesellig saam. Deel in hierdie ervaring waar kos met groot liefde en passie voorberei word! Leer om self pasta te maak en berei ’n tipies Italiaanse dis voor. Klim uit jou kulinêre gemaksone en smul saam. Buon appetito! Met: Sjef Nathan Robinson Aangebied deur: Potchefstroom Chef Academy @ The Roots. Chef Academy @ The Roots, 25, 28 Sept 11:00, R280, 180 min, Koswerkswinkel, Gesin, Afr

Mesvaardigheid en Marokkaanse geregte

Leer fênsie vaardighede van kos in ’n japtrap optjop! Ontdek waarom eenvormig gesnyde kos nie net mooi is nie, maar bydra tot die sukses van jou finale dis.

Deel in hierdie Marokkaanse geurfees – al wat jy benodig is ’n skerp mes en ’n aptyt om nuwe dinge te probeer! Alle benodigdhede en kombuisgereedskap is ingesluit. Met: Sjef Nathan Robinson Aangebied deur: Potchefstroom Chef Academy @ The Roots. Chef Academy @ The Roots, 24, 27 Sept 11:00, R280, 180 min, Koswerkswinkel, Gesin, Afr

WOW Magazine – Women October 2019

Recent Posts

Start typing and press Enter to search