Om gaste te kry Piet se storie

Ons, dis nou ek en Ander Piet en Hennie sit daar onder die wilgerboom wat pragtig bot, toe Ander Piet hartstogtelik sug met ‘n hartroerende “ag-ja” agterna om die erns van die beswaardheid behoorlik te onderstreep.

Toe ek en Hennie nie reageer nie, toe kom die sug weer, so erg dat Hennie dit naand nie meer kan hou nie en vra: “Nou wat is fout?”

“Moenie vra nie” “ Hou dan verdomp op om so swaarmoedig te wees” vat Hennie hom sommer aan.

Dit was vir my of daar ‘n effe hartseer in Ander Piet se gesig te bespeur was, maar ek ken hom, hy sal self die saak aanroer. Terwyl ons later besig raak om ‘n ghêrboks uit mekaar te haal, spreek hy toe die woord: “Het julle manne dan vergeet dit is eersdaags Aardklop” sê- vra hy.

“Dis mos die tyd wanneer die telefoon skielik lui en jy antwoord en die stem sê: “Middag ou Neef (dis altyd neef of nog ‘n gunsteling is ou swaer) hoe gaan dit daar? Jy ken al die aanvoorwerk en weet waarheen dit gaan. In die eersteplek het jy geen swaer waarvan jy weet nie en jou enigste ware neef is al al lankal oorlede.

Dis mos met Aarkdlop wat die verlangste moontlike familie skielik onthou maar jy het mos so ‘n plotjie daar by Potch en op ‘n plot is daar mos altyd verblyf. “Ag ou swaer, as ons net die karavaantjie daar kan kom trek dan kan ons weer die familiebande aanmekaar sweis (die beeldspraak van ‘n plaat en metaalwerker).

Om hom te herinner aan die vorige aanmekaarsweis van vier jaar gelede, sal nie help nie. Hy weet nie van die sielkundige behandeling wat die ganse, die honde, die hoeders en die katte moes kry toe hulle uiteindelik pad gevat het na jy sy Cortina omtrent moes owerhall, net om hom op die pad te kry. Nodeloos om te vertel van die leë koskaste en leë yskaste. Jy weet jou hart sal vermurwe want hoe kan jy die ou kindertjies die voorreg van die kunste ontneem?

Daarom sê jy maar ja en weet jy gaan dit berou. Jy sal maar Babs se skoubudjies iewers gaan wegsteek en ‘n bedonnerde boerboel gaan leen vir die paar dae.

Bly darem familie. Regtig? Ek glo nie. Lekker klop

WOW Magazine – Entertainment October 2019

Recommended Posts

Start typing and press Enter to search