Om ‘n verskil te maak se Alwyn Barnard Nutri Feeds

Alwyn Barnard, Voerdirekteur van Nutri Feeds is ‘n man wat sy passie vir boerdery en diere inspan om ‘n verskil in die landbou te bewerkstellig en dit ook baie suksesvol regkry.

Nutri Feeds, ‘n filiaal van Country Birds Holdings, is ’n voermaatskappy met verskeie aanlegte in Suid-Afrika en Afrika. Danksy herposisionering en ‘n nuwe aanslag is die maatskappy vandag in ’n beter posisie as ooit om produsente met topgehalte voer en advies by te staan.

Alwyn is betrokke by aanlegte in Suid Afrika, sowel as Afrika – onder andere Zambië, Nigerië, Botswana en Swaziland. In Suid Afrika speel hy ‘n uitvoerende rol en in Afrika ‘n meer ondersteunde rol.

Om ‘n verskil te maak in landbou en boerdery is die dryfkrag agter Alwyn. Nutri Feeds se rol is om voer te verskaf, maar hul fokus is eerder om oplossings aan produsente te voorsien. “Ons stel mense wat toepaslike grade verwerf het aan en koppel hul spesialiteit aan hul passie”, sê Alwyn. “So bekom jy ‘n wenspan.”

Alwyn is in Rustenburg gebore en het aan Hoërskool Garsfontein gematrikuleer. As kind het hy vakansies by sy oupa en ouma op die plaas gekuier en daar het sy liefde vir vee ontstaan. “Ek wou ‘n veeart word, omdat ek meer van diere as mense gehou het,” spot Alwyn. Hy het inderdaad ook aansoek gedoen om ‘n veearts te word, maar was ongelukkig nie daarvoor gekeur nie. Dis waar sy loopbaan ‘n riging in veevoeding ingeslaan het. Hy het sy BscAgricgraad by Tukkies verwerf en sy MBA-graad is byna voltooi.

Sy rol as Voerdirekteur behels dat hy die maatskappy in die regte rigting stuur deur effektiewe bestuur, strategië en ondersteuning aan die Afrika-aanlegte. Intern fokus hy op kliëntediens en prestasie. Sy doel is om ‘n impak op die landbouvlak te maak. “Daar is twee reëls wat geld wanneer ons besluite neem – eerstens: Gaan die besluit waarde toevoeg tot die landbou? Tweedens: Sal dit bydrae tot winsgewindheid?” sê Alwyn. “Die fokus is altyd om ‘n verkil te maak in boerdery en landbou.”

Alwyn dien ook op die raad van AFMA (Animal Feeds Manufacturers Association). Hulle visie is om die voerbedryf volhoubaar te ondersteun en te verbeter deur verantwoordelik binne in die voedselketting te werk te gaan en om veilige voer vir veilige voedsel te verseker.

Oor 5 tot 10 jaar wil Alwyn steeds ‘n prominente rol in die geheel in die veevoerbedryf speel – van verhoogde profyt tot voortdurende veranderings suksesvol bestuur. Hy ‘n ywerige jagter en baie lief vir die natuur. Hy boer ook self in die Vredefort-distrik met mielies en is besig om ‘n Limousin beesras stoerery op te bou. Die grootste liefde in sy lewe is egter sy 8 jarige dogter, Liany. “Sy is my alles,” sê Alwyn. “Ons twee se gunstelingliedjie is The Fight Song” “Like a small boat, On the ocean, Sending big waves Into motion…” Hy noem ook dat hy mal is oor kinders.

Sy gunsteling tydverdryf is om tyd af te vat om na te dink (reflect) – verkieslik in die natuur. “Dit is my behoud. Die korporatiewe wêreld is gejaag en kan oorweldigende

wees. Om te reflekteer help jou om verskillende situasie te kan hanteer. Die lewe is eintlik voorspelbaar en om aan die verlede, hede en toekom te dink, berei jou voor vir wat voorlê. En om in die hede te leef, beleef jy dankbaarheid en genoegdoening.”

Sy ouers is die mense wat die grootste invloed op sy lewe gehad het. Hulle het hom geleer om hard te werk, hoe om moeilike omstandighede te hanteer en om positief te bly. Ten spyte van sy voorliefde vir diere, is hy eintlik ook ‘n mense-mens. “Mense het my passie geword.” Om opleiding, leierskap en advies te gee is vir hom ‘n plesier. Hy handhaaf ‘n oop-deur beleid en put tevredenheid deur ondersteuning te bied aan sy personeel en kliënte.

Soos die lirieke van The Fight Song sê, “ I’ve still got a lot of fight left in me.” Dis Alwyn Barnard daardie.

WOW Magazine – Living October 2019

Recent Posts

Start typing and press Enter to search