Smullekker Resepte Oktober 2019

Heerlike spanspek / Delicious melon

Dit maak ‘n heerlike ligte voorgereg of kan ook as bykos saam met ‘n somerbraai geniet word / a delicious starter or side dish with a braai

Metode/Method

  • Neem soveel spanspek soos jy nodig het vir die aantal mense, en sny dit middeldeur en haal die pitte uit/use as many melons as you need, half and remove seeds
  • Sny dan elke helfte in skywe en sny die skil los van elke skyf, maar behou dit/ cut halves in slices and peel, but keep peels for serving
  • Draai dun gesnyde gerookte ham om die middelste deel van elke skyf sodat daar aan elke kant ‘n stukkie spanspek uitsteek, en sit die skyf terug op die skil gedeelte/wrap thinly sliced smoked ham around die centre of each slice and place back on peel.
  • Koop ingelegde marachino kersies by die supermark, en steek ‘n tandestokkie deur elke kersie en steek dit dan deur die ham vas op die spanspek/put a marachino cherry on a toothpick and pin through  the ham
  • Jy kan van die stropie waarin die kersies ingelê is bo-oor drup vir ekstra smaak/drizzle cherry syrup over for extra flavour

Rooi ribbetjie / Red ribs

Bestanddele/Ingredients

1 kg Lamsribbetjie/1 kg lamb ribs
Sout & peper/salt & pepper
250 ml Tamatiesous/250 ml tomato sauce
125 ml Asyn/125 ml vinegar
200 ml Suiker/200 ml sugar
5 ml Tabascosous/5 ml Tobasco sauce

Metode/Method

  • Vryf die ribbetjie in met sout & peper/rub rib with salt & pepper
  • Braai dit oor matige kole, of bak teen 160 grade vir 1½ uur/barbeque on average heat or bake in oven at 160 degrees for ½ hour
  • Kook intussen die res van die bestanddele vir 5 minute/ Cook rest of ingredients for 5 min
  • Plaas die ribbetjie in die sous en sit dit terug op kole of in die oond vir ongeveer 15 minute/place ribs in sauce and barbeque or oven bake for 15 minutes

Panna cotta

Bestanddele/Ingredients

1 Vanieljepeul, pitte uitgeskraap/1 vanilla pod, de-seeded
250 ml Room/250 ml cream
250 ml Melk/250 ml milk
90 g Suiker/90 g sugar
3½ Gelatien-blare/3½ gelatin leaves

Metode/Method

  • Voeg die gelatien in yswater vir 5 minute/place gelatin leaves in ice cold water for 5 minutes
  • Verhit die melk, room, suiker en vanielje tot kookpunt/heat milk, cream, sugar 7 vanilla to boiling point
  • Druk die water uit die gelatien, en smelt saam met warm roommengsel/press water out of gelatin and melt with warm cream mixture
  • Giet in ‘n bakkie van jou keuse, en sit in die yskas vir ‘n minimum van 2½ uur/pour in a dish and put in fridge for a minimum of 2½ hours
  • Bedien met vrugte en/of blomme bo-op/serve with fruit or flowers for garnishing

WOW Magazine – Women October 2019

Recommended Posts

Start typing and press Enter to search