VANJAAR GAAN DAAR WEER OOR ERNSTIGE SAKE GESPREKKE GEVOER WORD

Afskeid van ’n volk

Die toekoms van Afrikaners in ’n uiters onsekere land en die aard van Afrikaanswees en Afrikaner-wees word sonder skroom aangevat. Wat staan ons as Afrikaners te doen om ’n vooruistrewende SuidAfrika te help skep? Philip Spies is professor-emeritus in Toekoms- studies, en is steeds betrokke by die onderrig van nagraadse studente in dié vakgebied. Met Philip Spies en Theo Venter (gespreksleier). Dinsdag 24 September, 09:00

Kultuur & erfenis in ’n jong demokrasie

Suid-Afrika se demokrasie is ’n kwarteeu oud, maar voel jy steeds vry om jou kultuur en erfenis te beoefen? Heindrich Wyngaard lei ’n paneelgesprek in Erfenismaand oor hierdie onderwerp.
• Gespreksleier: Heindrich Wyngaard (kykNET Verslag & KLOP!)
• Paneellede: Dr. Leslie van Rooi (Senior Direkteur: Transformasie & Sosiale Impak, US), Ingrid Jones (Direkteur: Mikateko Media), Lynthia Julius (Digter)
09:00, Saterdag 28 September; Netwerk24 Feeskafee, Bennie Pienaarsaal

Identiteitspolitiek en waaroor gaan die “woke” debat

Wat beteken dit om “woke” te wees? Bied sosiale aktivisme en identiteitspolitiek meer geleenthede as wat dit skade berokken? Lourensa Eckard bespreek hierdie onderwerp met ’n paneel en probeer sin maak van die fenomeen in ’n Suid-Afrikaanse konteks.
• Gespreksleier: Lourensa Eckard (kykNET Verslag)
• Paneellede: Helen Zille (Voormalige premier van die Wes-kaap), Prof. Christi van der Westerhuizen (Politieke ontleder: Nelson Mandela Universiteit), Pieter du Toit (Adjunkredakteur: News24)
09:00, Vrydag 27 September; Netwerk24 Feeskafee, Bennie Pienaarsaal

Oor generasiewelvaart – van R1 m. tot R100 m. – wat is die kernbeginsels, foute en flaters?

Om iets aan jou kinders of kleinkinders na te laat, hoe groot of klein ook al, is ons almal se doelwit. Met die oordrag van kapitaal na die volgende generasie is daar egter beginsels wat in gedagte gehou moet word en foute wat vermy kan word. Met: Theo Vorster (gespreksleier), Monique Brasler en Dawie Jooste Vrydag 27 Sept 14:30 | Netwerk24 Feeskafee, Bennie Pienaarsaal

WOW Magazine – Men October 2019

Recent Posts

Start typing and press Enter to search