Smullekker Resepte Mei 2019
Bestanddele/Ingredients
2 Avokados in die helfte gesny, pit uitgehaal en skil netjies afgetrek/2 avos, cut in halves and peeled
150 g Cheddarkaas, so groot gesny soos die avokado se pit (of mozarellakaas)/150 g cheddar cheese cut to size of avo seed
350 g Maalvleis, met sout en peper na smaak bygevoeg/minced meat seasoned with salt & pepper
6 – 8 Repe spek/6 -8 bacon strips
100 ml braaisous/100 ml marinade
Metode/Method
- Plaas die kaas in die holte van die een helfte van die avokado,en maak dit toe met die ander helfte. Pak die maalvleis in ‘n laag om die avokado.
- Drapeer die spekrepies om die maalvleis, en druk goed vas.
- Braai op die kole, of bak in die oond teen 180 grade vir 30 minute.
- Smeer die braaisous oor, en plaas terug in die oond vir 10 minute.
- Place cheese in hollow of 1 half of avo and cover with other half
- Put a layer of minced meat around avo
- Wrap firmly with bacon strips
- Cook over fire or in the oven at 180 degrees for 30 minutes
- Apply marinade and cook for further 10 minutes

Hittige mielieroomsop/Hot mealie creamsoup
Bestanddele/Ingredients
4 Eetl botter/4t ablespoons butter
1 Ui, gekap/1 chopped onion
1 Brandrissie, fyngemaak/1 cleaned chilly, chopped
5 Knoffeltoontjies/ 5 garlic pods
3 Eetl koekmeel/3 tbl spoons cake flour
2 t Komyn/ 2 tea spoons cumin
1 t Rissiepoeier/1 tea spoon chilly powder
4 Koppies hoenderekstrak/ 4c ups chicken stock
6 Koppies gevriesde mieliepitte/6 cups frozen mealies
1 Eetl suiker/1 Tablespoon sugar
2 t Sout/2 tea spoons salt
1 ½ koppie melk of room/1½ half cups milk or cream
1 Koppie vars koljander, gekap/1 cup fresh coriander
Versiering/Garnish
Halwe pakkie spekstukkies, gebraai/half packet bacon pieces fried
Maaskaas/cream cheese
Metode/Method
- Braai ui en brandrissie in botter
- Voeg knoffel die laaste minuut by
- Roer die meel, komyn en rissepoeier in
- Voeg die ekstrak stadig by, en roer
- Voeg die res by, behalwe die melk/room en koljander
- Laat dit prut vir 20 minute
- Roer die room en koljander by
- Bedien met brosgebraaide spek en maaskaas bo-op
- Fry onion & chilly in butter
- Add garlic at last minute
- Add flour, cumin & chilly powder
- Add stock slowly while stirring
- Add rest of ingredients except milk/cream & coriander
- Cook on low heat for 20 minutes
- Add milk or cream & coriander
- Serve with crispy bacon & cream cheese on top

Melkkos/Milk Food
Bestanddele/Ingredients
1½ – 2 liter melk/1½ – 2 litre milk
1 koppie meel/1 cup flour
1 eier/1 egg
½ teelepel sout/½ tea spoon salt
½ koppie suiker/½ cup sugar
kaneel/cinnamon
Metode/Method
- Verhit die melk in ‘n kastrol
- Meng die meel en eier met ‘n vurk, tot dit frummel
- Voeg die sout by
- Sodra die melk borrels maak aan die kant van die kastrol, voeg die meelmengsel by
- Meng dit met ‘n ballonklitser
- Sodra dit dik raak, verlaag die temperatuur, en laat dit vir 8 minute lank prut
- Voeg die suiker by
- Bedien met kaneel
- Heat milk in pot
- Mix flour & egg together till it frumbles
- Add salt
- Add flour mixture as soon as milk reaches boiling point
- Stir vigorously
- Lower temperature when mixure thickens and leave for 8 minutes
- Add sugar
- Sprinkle with cinnamon
WOW Magazine – Women Mei 2019