Aardklop Musiek

ALTEmit Acappella
Vier vuurwarm alte. Een verhoog. Met Babette, Olga Leonard, Hilandi du Toit en Grethe van der Merwe. Dié vier liedjieskrywers en musikante in eie reg, span saam en bied acappella aan soos nog nooit tevore nie.
Roots Intieme Teater, 25 Sept 18:30, 26, 27 Sept 13:00, 28 Sept 16:00, R130, 60min, Kontemporêr, Gesin, Afr

Coenie de Villiers en Deon Meyer – Karoo-suite
Coenie de Villiers en sy musikante begin met komposisies uit sy skitterende album, Emoji, asook ’n paar bekende treffers. Hierna volg die oorspronklike Karoo-suite vir woord en lied, struktureel geskoei op Vivaldi se Vier Seisoene. Deon Meyer se wonderskone teks belig die mense, die stories en persoonlikheid van die Karoo.
Beeld Ouditorium, 27 Sept 20:30, R180 / R150, 75 min, Kontemporêr, Gesin, Afr

Amanda Strydom – Miss Mandy
Amanda Strydom vier vanjaar 40 jaar in die vermaaklikheidsbedryf. In Miss Mandy neem sy die gehoor op ’n musikale reis van haar beginjare tot nou toe. Sy loop die pad al lank en is vanjaar vereer met die Kunste Onbeperkprys vir haar lewensbydrae tot musiek.
kykNET Konservatorium, 25, 26, 28 Sept 17:00 27 Sept 10:00, R170 / R150 (pensioenarisse), 80 min, Kabaret, Gesin, Afr, Eng, Frans

Karen Zoid
Elkeen wat al ’n Karen Zoid-vertoning bygewoon het, sal weet dat dit ’n absoluut unieke ervaring is. Slegs EEN vertoning. Beeld Ouditorium, 24 Sept 20:30, R220 / R200, 80 min, Kontemporêr, OB, Afr, Eng.

Charl du Plessis – Solo
Charl du Plessis debuteer met sy heel eerste soloklavierprojek. Soloklavier is sy eerste liefde. Klassieke en populêre musiek vloei ineen in hierdie bekroonde Steinway-kunstenaar se nuwe produksie.
kykNET Konservatorium, 25 Sept 20:00, 26 Sept 10:00, R130 / R100 (pensioenarisse), 70 min, Kontemporêr, Gesin, Afr, Eng

Kombi-Nasie
Clanwilliam se bekendste boorling, Wicus van der Merwe, en die Afrikaanse Skot, Peter Mitchell, ook bekend as Pietman Geldenhuys. Jy kan deesdae van min dinge seker wees, maar hulle waarborg wel: jy gaan skater en kruip, sing en swaai en voor jy weer sien is jy deel van die lawaai.
Elgro Hotelsaal, 28 Sept 17:00, R135, 80 min, Kontemporêr, OB, Afr

Joshua na die Reën – Vlieërs
Die swerftog van die mens word aanmekaar geweef deur sy soeke na iets meer as die gewone. Eintlik hang jy en al jou mense soos vlieërs in die lug, veilig in die hand van die môrester.
kykNET Konservatorium, 27 Sept 17:00, 28 Sept 10:00, R140, 90 min, Kontemporêr, Gesin, Afr

Laurika Rauch
Alle Suid-Afrikaners ken die heimwee wat met Laurika Rauch se musiek gepaard gaan en daarom sit sy héél voor in die bus wat Aardklop toe ry! ’n Vanselfsprekende programkeuse.
Beeld Ouditorium, 26 Sept 20:00, R180 / R160, 75 min, Kontemporêr, Gesin, Afr

WOW Magazine – Living October 2019

Recent Posts

Start typing and press Enter to search