Aardklop Toneel

KING LEAR
’n Herverbeelding van William Shakespeare se King Lear..’n Epiese verhaal wat skerp kommentaar lewer op ’n hedendaagse sakewêreld. Bekroon met 8 Kanna-pryse tydens KKNK 2019.
Beeld Ouditorium, 24, 26, 28 Sept 09:30, 25 Sept 14:30, 27 Sept 14:00, R160, 160 min (10 min pouse), Drama, Geen o/16 (T,G,D,N,V)

BOKS
Boks is ’n unieke ervaring. Die ding werk so: ’n lewensgrote boks met 16 gate, een gat vir elke gehoorlid..Een boks, een akteur, sestien gehoorlede… dink BINNE die boks. Met: Stephanie Maria Gericke.
ATKV-Aardklop Atrium B POK, 24 Sept 14:00, 25 Sept 12:00, 26 Sept 16:00, 27 Sept 10:00, 28 Sept 11:00, R60, 25 min, Drama, OB, Geen o/14 (T), Afr

KAMPHOER
die verhaal van Susan Nell. Gegrond op ’n ongelooflike ware verhaal wat tydens die Anglo- Boereoorlog afspeel. kykNET
Gimmies, 24 Sept 09:30, 25 Sept 16:00, 26 Sept 09:30, 27 Sept 16:00, R145, 75 min, Drama, Geen o/14 (T,S,G,V) Afr

DIE INTERMISSIE
Die Intermissie is ’n kort maar aanhoudende sketskomedie. ‘n Vergeet-like ervaring. Met: Bennie Fourie, Schalk Bezuidenhout, Bouwer Bosch, Mila Guy, Barbara Brasington, Beer Adriaanse.
Banketsaal, 24 Sept 12:30, 25 Sept 17:30, 26 Sept 16:00, 27, 28 Sept 20:00, R140 / R100 (vir studente), 80 min, Komedie, Geen o/14 (T,G,N), Afr

RAAK
Die bekroonde verhaal van ’n jong getroude paartjie en hoe hulle lewens vervleg het. Met: David Viviers en Anoëcha Kruger
Girls High, 24 Sept 20:00, 25 Sept 10:00, 26 Sept 16:00, 27 Sept 13:00, R120, 60 min, Riller, Geen o/13 (T,G), Afr

DIE ROADTRIP
Jaco en Belarus is op pad. ’n “Roadtrip” van Suid na Noord om bietjie weg te kom van alles. Dinge rafel vinnig uit met skreeusnaakse gevolge. Met: Brendon Daniels en Waldemar Schultz.
kykNET Gimmies, 24 Sept 20:00, 25 Sept 09:30, 26 Sept 16:00, 27, 28 Sept 13:00, R130, 80 min, Komedie, Geen o/12 (T), Afr

AMIGOS
Vier vriende is vanaf ’n lughawe in Meksiko oppad terug na Suid- Afrika. Ben het die tyd verkeerd gehad en hulle is twaalf ure te vroeg..Met: Deànré Reiners, Veronica Ramokgoname, Casper Lourens, Nadia Terblanche.
ATKV-Heimat Saal, 25, 28 Sept 17:30, 26 Sept 20:00, 27 Sept 10:00, R110, 65 min, Komedie, Drama, OB (T), Afr

DIE VOORDELE VAN EIERWIT Kyk…
as daar nou één dag is waarop dié twee susters nie tyd het om in ’n hysbak vas te sit nie, dan is dit vandag. Maar wat gebeur as alles vir ’n oomblik tot stilstand gedwing word?Met: Margit Meyer Rödenbeck en Marion Holm.
Totius Saal, 24, 26 Sept 09:30, 25 Sept 17:00, 27 Sept 20:00, 28 Sept 12:00, R150, 65 min, Komiese Drama, Geen o/10 (T), Afr

WOW Magazine – Living October 2019

Recent Posts

Start typing and press Enter to search