Grappies / Jokes

JY LYK BEKEND!
Buurman: Het ek jou nie al voorheen op TV gesien nie? Akteur: Heel waarskynlik, alhoewel ek maar op en af is. Hoe hou jy van my? Buurman: Af.

AKTEURS KIES ROLLE
‘n Regisseur skermtoets vir Sylvester Stallone en Arnold Schwarzenegger vir sy nuwe film oor klassieke komponiste. Hy het toe nog nie oor die rolle besluit nie, en vra toe vir Sylvester wie hy graag wil wees. “Ek is mal oor Mozart. Ek wil graag sy rol speel.” Die regisseur gee toe die rol vir Sylvester. Hy draai toe na Arnie en vra hom wie hy graag wil wees. Arnie sê toe: “Ah’ll be Bach!”

GEESDRIF
‘n Aktrise, ‘n regisseur en ‘n verhoogbestuur vind ‘n ou bottel agter die verhoog. Die aktrise vryf dit teen haar mou, en skielike verskyn daar ‘n genie. “Ok, julle het my gevang,” sê die genie. “Julle kry elkeen een wens.” “Ek wil ‘n groot rol hê,” sê sy. “Dis reg,” en skielik verdwyn sy op ‘n wêreldwye toer. “Ek wil ‘n groot seiljag hê en onbeperkte fondse om die wêreld vol te reis,” sê die regisseur en verdwyn in ‘n oogwink. Die verhoogbestuurder vryf sy ken, dink vir ‘n minuut en sê: “Ek wil hulle na middagete sien,” sê hy.

SOET GEUR
Daar was ‘n akteur gewees wat eenvoudig nooit sy woorde kon onthou nie. Jare later kontak ‘n teaterbestuurder hom wat bereid was om hom nog een kans te gee. Die regisseur sê: “Hierdie is ‘n belangrike rol en dit het net ‘n paar woorde. Jy loop op die verhoog met ‘n roos. Jy hou die roos teen jou neus met net een vinger en duim, ruik die roos en sê dan: ‘Ah, die soete aroma van my geliefde.’” Die akteur is in sy skik. Heel dag lank oefen hy oor en oor. Uiteindelik toe die groot dag kom, lig die gordyn, die akteur loop trots op die verhoog en sê passievol, “Ah, die soete aroma van my geliefde.” Die gehoor bars uit van die gelag en sommige val van hulle stoele af. Die regisseur skree: “Jou onnosele vent, jy het my geruïneer!” “Wat het gebeur, het ek my woorde vergeet?” “Nee!” skree die regisseur. “Jy het die roos vergeet!”

HOOFROL
‘n Vryskutakteur kry uiteindelik ‘n leidende rol in ‘n film. In een toneel moes die akteur vanaf ‘n hoë duikplank in ‘n swembad inspring. Hy klim toe op, kyk af en klim toe weer terug. “Wat’s fout?” vra die regisseur. “Ek kan nie van daardie duikplank afspring nie!” sê die akteur. “Het jy geweet daar’s skaars ‘n voet water in daardie swembad?” “Ja,” sê die regisseur. “Ons wil nou nie hê jy moet verdrink nie, hoor!”

GROOT KANON
‘n Akteur wat bitter min rolle kry, ontvang een oggend ‘n oproep van sy agent. “Luister,” sê hy. “Ek het ‘n geleentheid vir jou. ‘n Produksieleier het my nou net gebel; een van sy akteurs het ‘n rol in ‘n ander verhoogstuk gekry en hy het iemand nodig wat vanaand al kan begin. Dis net 1 reël, maar ‘n uiters belangrike een. Jy loop uit aan die begin van die opvoering, en sê: “’Hark, I hear the cannon’s roar!’ Sal jy dit kan hanteer?” “Natuurlik! Baie dankie. Dis fantasties!” antwoord die akteur. “Mooi man, wees by die Shubert so 6 nm.” Heel dag oefen hy om seker te maak hy maak nie ‘n fout nie. Hy daag by die Shubert op en die verhoogbestuurder plaas almal op hul plekke. Die gordyn lig stadig, die ligte gaan aan en ‘n klipharde BOOM van ‘n kanon weergalm deur die teater. Die akteur spring dadelik op en skree: “Wat de blerrie hel was dit?”

DIS DIE PITTS
Charlize Theron is nie die enigste Hollywood-ster met familie hier nie. Na jare se geheimhouding, het dit nou bekend geword dat die akteur Brad Pitt nog vier ander broers het. Hulle bly almal in Suid-Afrika. Die oudste broer is ‘n boer in die Vrystaat en sy naam is Mielie Pitt. Die tweede oudste broer werk in Brakpan as ‘mechanic’ en sy naam is Tap Pitt. Die derde oudste broer is n vlieënier en sy naam is Kok Pitt. Die vierde boet is heeltemal van koers af en skreeu blykbaar vir die Sharks en sy naam is Stu Pitt.

WINDPOMPE
“Pa, hier is iemand by die voordeur!” roep Jannie. “Wie’s dit?” vra Koos. “’n Man wat windpompe verkoop.” “Sê hy moet waai.”

WOW Magazine – Entertainment September 2019

Recent Posts

Start typing and press Enter to search