Champion vir Generasies

Chappie Friedenthal het ‘n visie vir sy nageslag gehad toe hy in 1986 die eerste Champion Wheel & Tyretak geopen het. Huidiglik is daar 5 takke met die hoofkantoor in Stilfontein en hoewel hy op byna 80 jaar afgetree is, maak hy nog elke dag ‘n draai by die besigheid. “Hulle het nog my handtekening nodig,” skerts hy. Hy hou van kosmaak en sorg dat die gesin saans ‘n lekker bord kos kry.

Nutri Feeds, ‘n filiaal van Country Birds Holdings, is ’n voermaatskappy met verskeie aanlegte in Suid-Afrika en Afrika. Danksy herposisionering en ‘n nuwe aanslag is die maatskappy vandag in ’n beter posisie as ooit om produsente met topgehalte voer en advies by te staan.

Alwyn is betrokke by aanlegte in Suid Afrika, sowel as Afrika – onder andere Zambië, Nigerië, Botswana en Swaziland. In Suid Afrika speel hy ‘n uitvoerende rol en in Afrika ‘n meer ondersteunde rol.

Om ‘n verskil te maak in landbou en boerdery is die dryfkrag agter Alwyn. Nutri Feeds se rol is om voer te verskaf, maar hul fokus is eerder om oplossings aan produsente te voorsien. “Ons stel mense wat toepaslike grade verwerf het aan en koppel hul spesialiteit aan hul passie”, sê Alwyn. “So bekom jy ‘n wenspan.”

WOW Magazine – Living November 2019

Recent Posts

Start typing and press Enter to search