Grappies / Jokes

MY BAAS
My baas glo nie geld is gelykstaande aan geluk nie. In plaas van verhogings, gee hy ons Prozac.
GOEIE SAMEWERKING ‘n Afrigter roep een van sy 7-jarige hokkiespelers en vra: “Verstaan jy wat samewerking is? Wat ‘n span is?” Die seuntjie knik sy kop. “Verstaan jy dit maak nie saak of ons wen of verloor nie, maar hoe ons die wedstryd speel?” Hy knik weer. “So, wanneer jy gestraf word omdat jy ‘n fout gemaak het, behoort jy nie die skeidsregter sleg te sê of te vloek nie. Reg?” “Ja, meneer. Ek verstaan alles.” “Goed, gaan nou na jou ma en verduidelik alles vir haar.”

HOT SHOT
‘n Jong besigheidsman het pas sy eie firma begin. Hy het ‘n pragtige kantoorkompleks gehuur en dit met antieke meubels en skilderye versier. Terwyl hy op sy leervelstoel sit en alles bewonder, sien hy ‘n man in die kompleks wat na hom toe stap. In ‘n poging om soos ‘n ‘hot shot’ te lyk, gryp hy die foon en maak asof hy aan ‘n multimiljoen rand se projek werk. Hy gooi groot syfers rond en maak asof hy geld se baas is. Uiteindelik sit hy die foon neer en vra die man of hy hom kan help. “Ja, asseblief. Ek is hier om julle telefoonlyne te installeer.”

DUUR BAAS
‘n Man gaan na ‘n troeteldierwinkel om ‘n papegaai te koop. Die assistent vra hom om een te kies. “Hoeveel is die geel een?” “R2000,” sê die assistent. Geskok vra die man hoekom die voël so duur is. “Hy is baie spesiaal omdat hy regtig vinnig kan tik. “Wat van die groen een?” “Hy kos R5000 omdat hy kan tik, inkomende telefoonoproepe antwoord en nota’s maak.” “Wat van die rooi een?” vra die man. “Daai een is R10 000.” “En wat doen hy?” “Ek weet nie,” sê die assistent, “maar die ander twee noem hom ‘baas’.”

JONG VERNUF
‘n Jong bestuurder verlaat die kantoor laat een aand toe hy die baas voor die snippermasjien met ‘n vel papier in sy hand sien staan. “Luister,” sê die baas, “hierdie is ‘n baie sensitiewe en belangrike dokument en ons maatskappy se toekoms hang daarvan af. My sekretaresse is reeds huistoe. Kan jy my help?” “Seker,” sê die jong man. Hy skakel die masjien aan, sit die vel papier in en druk die knoppie. “Uitstekend, uitstekend!” sê die baas terwyl die vel papier in die masjien afsak. “Ek het net een afskrif nodig.”

‘N VERHOGING?
Toe ek my baas vir ‘n verhoging vra, sê hy: “Vanweë die veranderende predisposisie van jou posisie se produktiewe kapasiteit teenoor besigheidstandaarde, sal dit monetêre sinneloosheid wees om ‘n inkrement te magtig. Ek sê toe: “Ek verstaan nie.” Die baas antwoord: “Dis reg.”

SNORSTRIK
Die onderwyseres roep vir Jannie vorentoe en vra hom om in Engels ‘n sin te maak met die woorde “moustache” en “shave”. Bewerig stap Jannie vorentoe en sê: “I moustache you a question, but I will shave it for later…”

INSPIRATIONAL PHRASES YOU WILL NEVER HEAR AT WORK…
1. There is no “I” in “teamwork,” but there is in “management kiss-up.”
2. If you do a good job and work hard, you may get a job with a better company someday.
3. The light at the end of the tunnel has been turned off due to budget cuts.
4. Doing a job RIGHT the first time gets the job done. Doing the job WRONG 14 times gives you job security.
5. If you think we’re a bad company, you should see the competition.
6. Rome did not create a great empire by having meetings. They did it by killing all those who opposed them.
7. If at first you don’t succeed, try management.
8. Teamwork means never having to take all the blame yourself.
9. The beatings will continue until morale improves. 10. Pride, Commitment, Teamwork. Words we use to get you to work for free.

WOW Magazine – Entertainment November 2019

Recent Posts

Start typing and press Enter to search