Skole Nuus November 2019
La Hoff wen KHS Aandreeks
Tydens die KHS Aandreeks word alle laerskole in Klerksdorp genooi om teen mekaar te speel. Laerskool La Hoff se O/13A krieketspan het uitstekend gevaar, waar hulle gewen het teen Laerskole President, Goudkop en Saamtrek, maar verloor het teen Laerskool Meiringspark. In die groot finaal het La Hoff weer teen Meiringspark gespeel in ‘n senutergende wedstryd, maar hierdie spelers het hulle staal gewys en ‘n trotse wen huistoe gevat, waar hulle as WENNERS van die aandreeks aangewys is.
Voor; Chad Hofmeyer, Alex Beukes (afrigter), Stephan Janse van Rensburg (kaptein), Antonie Smit (afrigter), Barry Niemand Agter: Reghardt van Deventer, Righard Raath, Aiden Hurter, Düschaan Trytsman, Duan du Preez, Joshua Pieters, Gerlu Strydom, Decon Loots Afwesig: Dihan Ouwencamp
Anné van Dyk van Laerskool La Hoff het die afgelope vakansie aan die International Science Expo in Boksburg deelgeneem. Sy wen silwer met haar “Pot Plant Soil Energy” .
Laerskool La Hoff se Juniorkoor het deelgeneem aan die KykNet program, Sing in Harmonie. Hier wen hulle die trofee vir die Beste Gewyde Lied van mikro skole. Hulle is ook genooi vir ‘n kersoptrede saam met Magaliesberg se kinderkoor einde November. Die leerders het baie mooi gesing en die beoordelaars het lof besing oor elke koorlid en ons uitstekende afrigters, juffrouens Michelle Coetzee (begeleier) en Orné Bruwer (dirigent).
Stephan Janse van Rensburg van Laerskool La Hoff gaan die Noordwes Provinsie verteenwoordig by verskeie toernooie in die Noordwes Krieketspan
La Hoff Leesfees
Dis vir Laerskool La Hoff ‘n groot voorreg en prioriteit om ‘n kultuur van lees onder leerders te skep. Daarom hou La Hoff jaarliks ‘n Leesfees, waar leerders van Gr6 en Gr7 voorlesings kan kom gee in Afrikaans en Engelse prosa en poësie. Hier word gekyk na verskeie aspekte van voorlesings.
SKOLE
Graad 6 wenners: Sonell de Preez (1ste plek), Inus v Staden en Duan Blaauw (3de plekke), Dimitri Themistocleous (2de plek)
Hierdie Parkies is ysters!Tiyana, Luzé, Julindi, en Leané neem deel aan die Noordwestennisuitspele en het in die 2 dae elkeen 15 harde wedstryde in die hitte gespeel! Trots op julle
Op 11 Oktober 2019 neem Laerskool Goudkop deel aan die finaal van Sing in Harmonie se koorkompetisie wat op Kyknet Kanaal 146 uitgesaai word.Die finaal het plaasgevind by Gold Reef City. Tydens die finaal wen Laerskool Goudkop se Gemengde Koor die Kategorie vir “Beste Nuweling van die Jaar”. Ons is voorwaar baie trots op hierdie koor.
Op die foto :Me. Liandré Matthyser (Koororganiseerder), mnr. Jaco Zevenster (Hoof), Me. Rina van Wyk (Koorleidster)
Baie geluk aan Luzé van Zyl. Sy eindig algeheel 4 de Nasionaal, by die Radikale Redenaars in Pretoria
Ons is baie trots op Juhanell Ollewagen wat gekies is vir die SA Junior skaak geslote Kampioenskappe vir 2020!
Hoërskool Schoonspruit
Baie geluk aan Wynand Stadler wat derde was met die hammergooi op die Top 30 Atletiek byeenkoms. Wilmien van der Walt eindig 2de en Elbe De Beer 3de met hammergooi. Alwyn Venter 3de met hoogspring. Ons sien uit na n goeie atletiek seisoen.
WOW Magazine – Skole Nuus November 2019