Grappies / Jokes

GOEDKOOP KERSFEES
Nadat Thomas op ‘n sakereis was en ‘n week voor Kersfees terugkeer, besluit hy om iets spesiaal vir sy vrou te koop voordat hy huiswaarts keer. “Wat van ‘n bietjie parfuum?” vra hy die verkoopsdame in ‘n juwelierswinkel. Sy wys hom ‘n botteltjie wat R250 kos. “Dis ‘n bietjie baie,” sê Thomas en die dame kom toe terug met ‘n kleiner botteltjie vir R150. “Dis steeds te veel,” sê hy. Geïrriteerd, gaan haal sy ‘n piepklein botteltjie vir R50. Ongeërg sê Thomas: “Wat ek eintlik bedoel is dat ek regtig iets baie goedkoop wil sien.” Toe gee die verkoopsdame vir hom ‘n spieël.

SPELETJIES
Oukersaand sit Huan Cho en sy meisie, Jung Lee op die strand. Daar was ‘n romantiese volmaan en Huan sê: “Hi, kom ons speel Weeweechu.” “Ag nee, nie nou nie. Kom ons kyk liewer na die maan,” sê Jung. “Ag, komaan liefling, kom ons speel Weeweechu. Ek is lief vir jou en dis nou die perfekte tyd,” smeek Huan. Jung kyk na Huan en sê: “OK, kom ons speel Weeweechu.” Huan gryp sy kitaar en die tweetjies sing saam… “Weeweechu a Merry Christmas, Weeweechu a Merry Christmas, Weeweechu a Merry Christmas, and a Happy New Year.”

RINGE IN DIE BOS
‘n Man koop vir sy vrou ‘n pragtige diamantring vir Kersfees. Nadat sy vriend van hierdie duur geskenk hoor, sê hy: “Ek dog sy wou een van daardie sportiewe 4×4-motors gehad het.” “Sy wou,” antwoord hy. “Maar waar sou ek ‘n nagemaakte Jeep kon koop?”

RUDOLPH GEE TOE
‘n Skandinawiese Engelsman met die naam “Rudolph the Red” loer uit die venster uit en sê: “Dit gaan reën.” Sy vrou vra hom: “Hoe weet jy dit?” Hy antwoord haar en sê: “Because Rudolph the Red knows rain, dear.”
MITES EN LEGENDES ‘n Eerlike politikus, ‘n hardwekende staatsamptenaar en Kersvader vind ‘n R100-noot. Wie kry dit? Kersvader, natuurlik. Die ander twee is blote mites en legendes en bestaan eenvoudig nie.

AFTYD
“Baas, kan ek asseblief môre afkry? My vrou het werklik hulp nodig met Kersfeesopruiming,” vra Joe. “Is jy van jou kop af? Ek kan jou nie hiervoor ‘n dag af gee nie!” sê die baas. “Ag dankie tog, baas,” glimlag Joe, “ek het geweet ek kan op jou staatmaak!”

SLIM DOMINEE
Daan het onlangs sy bestuurderslisensie gekry en vra toe sy dominee-pa of daar enige kans is dat hy ‘n kar vir Kersfees kan kry. “OK. Ek sê jou wat ek sal doen. As jy jou skoolsimbole almal na A kan opgradeer, jou Bybel lees en jou hare sny, sal ek dit ernstig oorweeg.” ‘n Paar weke later gaan Daan terug na sy pa. “Ek is baie tevrede met jou studies en jy bestudeer jou Bybel deeglik, maar ek is bevrees ek is baie teleurgesteld dat jy nog nie jou hare gesny het nie. “Kyk, pa. Terwyl ek die Bybel gelees het, het ek in die illustrasies gesien dat Moses, Johannes die Doper en selfs Simson lang hare gehad het.” “Ja, ek is bewus daarvan,” antwoord sy pa, “maar het jy ook opgemerk dat hulle moes loop na waar hulle wou wees?”

VREEMDE MANIERE
Die manier waarop party mense Kersfees vier is darem eienaardig. Wanneer anders sal jy voor ‘n dooie boom sit en tjoklits eet uit ‘n kous?

DEFINISIE VAN ‘N ALMANAK
‘n Kaart waarop jy kan sien hoe ver dit nog na Kersfees is.

KERSVROU
Kersvader is ‘n vrou omdat:
• Die meerderheid van mans dink nie oor Kersgeskenke nie, behalwe wanneer hulle skielik op Oukersaand onthou en op ‘n vinnige inkopiejaagtog gaan.
• ‘n Man sou beslis daar bo in die wolke verdwaal en dan weier om te stop om vir aanwysings te vra.
• ‘n Man kan nie ‘n sak deeglik pak nie.
• Mans sal botweg weier om rooi fluweel te dra.
• Mans voel dat hulle manlikheid bedreig sal word indien hulle met al daardie elwe gesien word.
• Mans antwoord nie hulle e-posse nie.
• Mans stel nie in kousbroekies belang nie, behalwe as iemand anders dit dra.
• Om verantwoordelik vir Kersfees te wees sal ‘n verpligting vereis waaroor mans nie beskik nie.

WOW Magazine – Entertainment December 2019

Recent Posts

Start typing and press Enter to search