Grappies / Jokes May 2021

NEKPYN
Dr. vra Mike: “Hoe gaan dit nou met daardie pyn in jou nek?”
Mike: “Sy kuier op die oomblik by haar ma!”

SKATTIE
Vrou sit op ‘n bank in die parkie.
Boemelaar gaan sit langs haar en sê: “Hallo Skattie!”
Vrou: “Wie is jou flippen skattie?!”
Boemelaar: “Nou wat soek jy in my bed?!”

IS DIT JOU PEN?
Baas tel ‘n pen in die gang op en vra sy blonde sekretaresse of dit haar pen is.
Sy vat die pen, skryf ‘n paar woorde daarmee en sê: “Ja, dis myne.”
Baas vra: “Hoe weet jy?”
Blond: “Want dis my handskrif.

KRAG
Twee ou oompies omtrent so 85 jaar oud, sit en eet in die restaurant.
Skielik trip die krag en al dit ligte is af.
Die een oom sê” “O tog!”
Ander een vra “Wat makeer?”
Oom antwoord: “Daar kalf altwee my oë gelyk!”

SKELMPIE
My meisie het uitgevind van my skelmpie!
Nou is hulle oppad na my huis toe om my vrou te gaan vertel!

OUDERDOM
Op ‘n keer vra die vyfjarige Marie vir ouma hoe oud sy is.
Ouma antwoord dat sy nou al so oud is dat sy nie eers meer kan onthou hoe oud sy is nie.
Marie gee toe goeie raad. “Ouma moet net agter in ouma se panties kyk. Myne sê vyf tot ses!”

WOW Magazine – Entertainment May 2021

Recent Posts

Start typing and press Enter to search