Rugby vs Rock: ‘Kies jou kant, want dié BOXemdais gaan rof raak!

BOXOP is ongetwyfeld lewendige vermaaklikheidsgeskiedenis wat wag om gemaak te word. Dié regstreekse stroming van die boksgeveg wat op Saterdag, 29 Mei 2021 gaan plaasvind tussen rock-legende Francois van Coke and rugbyreus Derick Hougaard het Suid-Afrika behoorlik aan die gons. 

Dié bielie van ‘n kragmeting sal plaasvind by Time Square se Sun Arena vanwaar dit regstreeks gestroom sal word na huishoudings regoor Suid-Afrika – én die aardbol. Om alles te kroon, sal dit ook regstreeks vertoon word by geselekteerde Nu Metro-bioskope landwyd.

Die twee opponente deel reeds verbale dwarsklappe uit terwyl ondersteuners in albei kampe hul naels byt in afwagting op ‘n uitklophou wat van enige rigting af kan kom.

Een ding staan soos ‘n paal bo water: Niemand weet waar daardie hou gaan land nie. Niemand weet hoeveel rampspoed wag nie. Iemand gaan dans soos ‘n skoenlapper.  Iemand gaan val soos ‘n rots.

En drie vrae loop soos ‘n rooi-en-blou boksbroekie deur al die argumente… Nommer een: “Wie gaan eerste die mat tref, plat op sy rug minus ‘n paar tande?” Nommer twee: “Kan rock oor rugby seëvier, en gaan dit die deuntjie eens en vir altyd verander?” Nommer drie: “Gaan rugby koning kraai en rock laat aftuimel na die laagste trappie van die regstreekse vermaaklikheidsleer?”

Die hele BOXemdais is verbysterend. En dit word nie om dowe neute beskryf as ‘die boksgeveg tussen beroemdes wat soveel opwinding inhou dat dit nie sonder toesig aanskou kan word nie’. As SA se eerste reeks in dié kategorie, is BOXOP ontwerp en ontwikkel om ‘n nuwe dimensie te voeg by die waardering en ervaring van kragmetings, skouspel en die groter-as-lewensgrootte persoonlikhede wat ons regstreekse vermaaklandskap oorheers.

Francois can Coke se reis na roem het begin as die hoofsanger van die Suid-Afrikaanse rockgroepe Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel. Sy solo-loopbaan het in April 2015 afgeskop. Derick Hougaard het vir die Blou Bulle losskakel gespeel in Curriebeker-wedstryde en vir die Bulle in die Super Rugby reeks. Hy het ook in die Rugby-unie as losskakel uitgedraf vir die Leicester Tigers en Saracens in Engeland.

Lang storie kort; op 29 Mei 2021 gaan Francois in blou te staan kom teen Derick in rooi. En danksy die misterieuse maniere waarop hierdie tipe kragmeting uitspeel, kan nie

eens die helderste kristalbal voorspel wie pimpel en pers gaan opeinding of begin sin maak van die wilde skakerings van onsekerheid wat om die eindresultaat heers nie.

Wat wel ‘n uitgemaakte saak is, is dat BOXOP regstreekse vermaak in Suid-Afrika én in die lewens van talle opkomende sterre onomkeerbaar gaan verander met een nare dog ware vraag: “Ek kan sing en dans en toneel speel. Ek kan gedigte skryf en mense laat lag, en ek kan rugby, krieket, netbal en sokker speel. Maar sal ek kan BOXOP wanneer my boksbeurt aanbreek?”

Uiteindelik is die beste, of eintlik die enigste manier om familie en vriende te versoen – en om die argumente, gegil, geskree en spekulasie rondom die resultaat – in die kiem te smoor, om op Saterdag, 29 Mei 2021 stiptelik om 17:00 op die regstreekse stroming van BOXOP in te skakel.

BOXOP word aangebied deur Blue Banana Events, ‘n Suid-Afrikaanse geleentheidsbestuursmaatskappy met een van die varsste perspektiewe op die aanbieding van vermaak in die digitale era, en dieselfde produksiespan wat verantwoordelik was vir die Afrikaans Goes Global- en New Year’s Goes Global-konserte in 2020, asook die Valentyns Goes Global-konsert in 2021.

Hoe om kaartjies te bespreek:

1. Ervaar die geveg in die gerief van jou eie huis – Regstreekse-stroming kaartjies vir BOXOP is te kry teen R150 by https://www.itickets.co.za.

2. ‘n Beperkte aantal mense kan die geleentheid persoonlik bywoon rondom BBP (“VIP”)-tafels langs die bokskryt by die Sun Arena – BOXOP BBP-kaartjies is te kry teen R2000 per persoon by https://www.itickets.co.za.

3. 500 mense kan die geleentheid op ‘n GROOT skerm meemaak in ‘n buitelug-vermaakarea by Time Square (kompleet met kosstalletjies, ‘n biertuin en ‘n atmosfeer duisend) – BOXOP grootskermbuitelug kaartjies is te kry teen R250 per persoon by https://www.itickets.co.za

WOW Magazine – Entertainment May 2021

Recent Posts

Start typing and press Enter to search