Smullekker Resepte Mei 2021

Kaasstrooitjies & fondue | Cheese straws & fondue

BESTANDDELE/INGREDIENTS
400 g skilferkorsdeeg, ontdooi maar koud
(puff pastry, thawed but cold)
1 eier, geklits (egg, beaten)
verouderde cheddarkaas, gerasper (mature
Cheddar cheese, grated)
sout en rooipeper (salt & cayenne pepper)

FONDUE
250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas
(grated Cheddar cheese)
250 ml (1 k) gerasperde mozzarellakaas
(grated mozzarella cheese)
10 ml (2 t) meel (flour)
250 ml (1 k) witwyn (white wine)
2 ml (½ t) knoffelpoeier (garlic powder)
sout en peper (salt & pepper)

Metode/Method

Voorverhit oond tot 200 °C. Rol deeg een keer liggies en borsel met eier. Plaas op bakplaat. Bestrooi met kaas. Sny deeg in lang repe en strooi sout & rooipeper oor. Bak 10 min. of tot krakerig. Fondue: Meng kase in ’n groot bak met die meel en laat staan. Gooi die wyn in ’n pot en verhit matig (moenie kook). Voeg knoffelpoeier, sout & peper by en roer. Voeg ’n handvol van kaasmengsel by en roer tot kaas smelt. Hou so tot alles in die wyn gesmelt is. Skink in ’n fondue-pot. Sit kaasstrooitjies saam met die kaas-fondue voor.

Preheat oven to 200 °C. Lightly roll out puff pastry once and brush with egg. Transfer to a baking sheet. Sprinkle with cheese. Cut pastry into long strips and dust with salt & cayenne pepper. Bake for 10 minutes till crispy. Fondue: Mix cheeses with flour in a large bowl and set aside. Pour the wine into a pot and heat (medium, don’t boil). Add garlic powder, salt & pepper and stir. Add handful of cheese mixture and stir till it’s melted. Continue doing so until it has all been melted. Pour into a fondue pot. Serve cheese straws with the cheese fondue.

Boere-kerrie met platbroodjies | ‘Boere curry’ with flatbread

KERRIE/CURRY
750 g beesstowevleis (beef stewing meat) & sout en peper (salt & pepper)
60 ml (¼ k) koekmeel (cake flour)
30 ml (2 e) olie (oil) & 2 uie, gekap (chopped onions)
2 knoffelhuisies, gekap (chopped garlic cloves)
1 kaneelstokkie (cinnamon stick)
15 ml (1 e) borrie (turmeric)
5 ml (1 t) matige kerriepoeier (mild curry powder)
8 x 250 ml (8 k) beesvleisaftreksel (beef stock)
60 ml (¼ k) appelkooskonfyt (apricot jam)
4 aartappels, in kwarte gesny (potatoes cut into quarters)
4 wortels, in stukke gesny (carrots cut into
pieces) & 5 ml (1 t) witasyn (white vinegar)

PLATBROODJIES/FLAT BREAD:
500 g winkelbrooddeeg (bought bread dough);
’n bietjie olyfolie (a little olive oil)
growwe sout (coarse salt)

Metode/Method

Verhit oond tot 230 °C. Spuit ’n groot bakplaat met kossproei. Kerrie: Geur die vleis met sout en peper en rol in koekmeel. Verhit die olie in ’n kastrol en braai vleis tot effens bruin. Skep uit en hou eenkant. Braai uie en knoffel in dieselfde kastrol tot effens gekaramelliseer. Voeg kaneelstokkie en speserye by en roerbraai tot geurig. Skep vleis terug in kastrol saam met helfte van die aftreksel. Laat prut 45 min. & roer af en toe. Voeg nog aftreksel by, indien nodig. Roer appelkooskonfyt by, en die res van die aftreksel, aartappels en wortels. Laat prut tot aartappels gaar is. Geur met asyn, sout en peper. Platbroodjies: Verdeel die deeg in 4 en rol uit. Pak op die bereide bakplaat, smeer met olyfolie, sprinkel met growwe sout en bak 10-15 min. tot goudbruin.

Heat oven to 230 °C. Spray large baking tray with food spray. Curry: Flavour meat with salt & pepper and roll in cake cake flour. Heat oil in saucepan and fry meat till slightly brown. Remove meat and keep aside. Fry oil and garlic in the same saucepan until slight caramelised. Add cinnamon stick & spices and stirfry till tasty. Place meat back with half of the stock. Simmer for 45 min. while stirring. Add more stock, if necessary. Stir apricot jam in with rest of stock, potatoes and carrots. Simmer till potatoes are cooked. Flavour with vinegar, salt & pepper. Flat bread: Divide dough in 4 and roll out. Stack onto prepared baking tray, smear with olive oil, sprinkle with coarse salt and bake 10-15 min. until golden brown.

Sjokoladekoek in ‘n koppie | Cup chocolate cake

Bestanddele/Ingredients

60 ml (¼ k) meel (flour)
30 ml (2 e) kakaopoeier (cocoa powder)
2,5 ml (½ t) bakpoeier (baking powder)
45 ml (3 e) strooisuiker (caster sugar)
’n knippie sout (pinch of salt)
80 ml (1/3 k) melk (milk)
30 ml (2 e) olie (oil)
30 g donkersjokolade, in stukke gebreek (dark chocolate, broken into pieces)

Metode/Method

Meng die droë bestanddele in ’n middelslagbak. Roer die melk en olie in tot al die bestanddele gemeng is en die beslag geen klonte het nie. Gooi die beslag in 2 mikrogolfbestande bekers en laat genoeg ruimte aan die bokant toe sodat die koek kan rys sonder dat dit oor die rand loop. Voeg sjokolade in die middel van die beslag by. Mikrogolf die bekerkoek 70 sek. op hoog. Haal dit versigtig uit die mikrogolf en geniet dit – saam met roomys of room en arbeie.

In a medium bowl, mix together the dry ingredients. Stir in the milk and oil until all ingredients are combined and the batter has no clumps. Pour batter into 2 microwave-safe mugs, leaving enough space at the top for the cake to rise without spilling over the rim. Add chocolate in the middle of the batter. Microwave mug cake for 70 seconds on high. Carefully remove from microwave and enjoy – with cream or ice cream & strawberries.

WOW Magazine – Women May 2021

Recommended Posts

Start typing and press Enter to search