WOW Magazine https://wowmagazine.co.za Fri, 01 Jun 2018 06:00:59 +0000 en-US hourly 1 https://wordpress.org/?v=4.8.6 Waar is Wollie? https://wowmagazine.co.za/index.php/2018/06/01/waar-is-wollie-2/ Fri, 01 Jun 2018 06:00:59 +0000 https://wowmagazine.co.za/?p=6712
Soek vir Wollie en Wen!
Waar’s Wollie? Soek hom en wen R1000!
Soek vir Wollie en staan ‘n kans om R1000 te wen! Hy kruip weg op ‘n paar plekke in die tydskrif asook op ander plekke in ons aanlyntydskrif. Kliek hier.
Om in te skryf vir die kompetisie, SMS die woord WOW gevolg deur jou naam, kontakbesonderhede en die naam van die advertensies waar Wollie wegkruip na 34877 of stuur ‘n e-pos na . Dis so maklik soos dit! Soek deeglik, hy kruip goed weg!
Om deel te neem aan die Waar is Wollie kompetisie, kliek op die foto en soek vir Wollie in ons aanlyn boek.
Sodra jy vir Wollie gekry het stuur n sms met jou Naam, Kontakbesonderhede, en die naam van die advertensie waar Wollie wegkruip na 34877.
Die wenner van die Waar’s Wollie kompetisie is Estelle Fourie . Baie geluk!
Sy het Wollie op die volgende plekke opgespoor:

GEDRUKTE TYDSKRIF:
1. Bl. 8 Hydraulic & Filters 2000
2. Bl. 14 PaveVille
3. Bl. 22 Prowatch Security
4. Bl. 48 R&R Toys & Hobbies

AANLYN TYDSKRIF:
1. Bl. 7 Living: Nampo Oesdag program
2. Bl. 37 Skolenuus
3. Bl. 50 Jokes/Grappies

WOW Magazine – Wollie (June 2018)

]]>
SKOLENUUS https://wowmagazine.co.za/index.php/2018/06/01/skolenuus-2/ Fri, 01 Jun 2018 06:00:55 +0000 https://wowmagazine.co.za/?p=6713

TOPATLETE NA AFRIKA-SPELE: Kayla van der Bergh en Méanri Erasmus is gekies vir die finale ASA-span om aan die CAA Southern Region en junior kampioenskappe op 27 en 28 April 2018 in Boksburg deel te neem. Daar is slegs 4 junior atlete na die kampioenskappe genooi waarvan 2 KHS’ers is.

Die volgende atlete van Laerskool Goudkop het deurgedring om aan die Noordwes Kampioenskappe in Potchefstroom deel te neem: Agter is Marsé Botha (DO/12 hoogspring en spiesgooi), Elbé van der Walt (DO/13 200m-hekkies, 100m en 75m-hekkies), Leshané van den Berg (DO/13 hoogspring en verspring en Chandré Greyling (DO/11 gewigstoot). Voor is Angelique van der Walt (DO/11 Hoogspring en 70m-hekkies), Lee-Ann Marx (DO/13 200m-hekkies, 1500m en 800m), Jelani White (DO/11 hoogspring) en Luché van der Berg (DO/10 1200m).

In die eerste rondte van KHS Public Speaking het die volgende leerders goed presteer: Carla Bruwer (eerste), Simeon Joubert (tweede) en Chane Ouwenkamp (derde).

Laerskool Goudkop het onlangs huissport gehou en die volgende Victor en Victrix Ludorums is aangewys: voor is Allegra van der Walt (DO/10) en Angelique van der Walt (DO/11). In die middel is Alexander Labuscagne (SO/10), Ben Bierman (SO/12) en Kyle Botes (SO/11). Agter is Jacques Theron (SO/13), Eldané du Toit (DO/12) en Lee-Ann Marx (DO/13).

Laerskool La Hoff spog graag met hul atlete wat van 15 tot 17 Maart 2018 aan die SA Atletiekbyeenkoms in Paarl deelgeneem het. Joshua Gurschler (O/10) eindig 12de met hoogspring en 13de met gewigstoot. Micaela Thomsen (O/13) eindig skitterend met ‘n 4de plek in die 800m wedloop; Hennoh Visser (O/13) eindig 21ste in hoogspring en Abigail Wentzel (O/13) eindig 7de in verspring. La Hoff is trots op die atlete wat hard gewerk het om tot op hierdie vlak te kon deelneem.

Die volgende atlete van Laerskool Goudkop het deurgedring om aan die Noordwes Kampioenskappe in Potchefstroom deel te neem: Dylan Jordaan (SO/10 gewigstoot), Kyle Botes (SO/11 70m-hekkies), Louis Koen (SO/13 1500m-stap), Philip du Plessis (O/13 1500m-stap) en Alexander Labuscagne (SO/10 1200m).

Tydens Laerskool Goudkop se huissport is die volgende rekords opgestel: Dorette du Plessis (DO/10: gewigstoot) en Jana Jacobs (DO/13: spiesgooi en diskus).

Simonè Van Niekerk, ‘n 0/13-dogter van Laerskool Orkney, is verkies tot die NW-span vir netbal.

Die volgende personeel is vanaf Januarie 2018 aangestel as Departementshoofde by Laerskool Goudkop: Retha de Bruin (Departementshoof Grondslagfase) en Abrie Cloete (Departementshoof Opvoedkundige Leiding).

Drie 0/12-dogters van Laerskool Orkney is verkies tot die NW-span vir netbal: Makabonge Mqeke, Mtha Ngwenyana en Modiehi Mofokeng.

KHS skop die 2018 tennisseisoen gemaklik af met ‘n wegholoorwinning teen Curro. Die 2de ligaspelers het 128 spelle ingepalm en slegs 16 afgestaan.

Roger Sumara van Laerskool Orkney is verkies om die KOSH-distrik te verteenwoordig by die jaarlikse Luiperdproewe.

HOFFIES IS SUPER 8 WENNERS! Hardewerk en deursettingsvermoë is wat die trotse Laerskool La Hoff deurgedra het om die titelhouer te wees as algehele Super 8 wenner van hierdie rugby- en netbaltoernooi. Hulle het onlangs in Kroonstad in die A-poel deelgeneem waar hulle teen groot skole gespeel het soos Rissiville wat as die Valke-kampioen verklaar is, Lichtenburg, Leeuwenhof, Jordanie, Goudkop, Brits en Kroonheuwel. Al die spanne het uiters goed gevaar, veral die O/9- en O/11-rugbyspanne, en die O/11-netbalspan wat goud gekry het. Die O/13-netbalspan het silwer verower na ‘n baie noue telling. La Hoff dra met baie breë en trotse skouers hierdie titel wat die skool vir die eerste keer verower het.

Die volgende twee seuns van Laerskool Orkney het deurgedring na die 0/11 KOSH-proewe: Duan Pieters en Tswarelo Mokgatsi.

HOFFIES IS SUPER 8 WENNERS! Hardewerk en deursettingsvermoë is wat die trotse Laerskool La Hoff deurgedra het om die titelhouer te wees as algehele Super 8 wenner van hierdie rugby- en netbaltoernooi. Hulle het onlangs in Kroonstad in die A-poel deelgeneem waar hulle teen groot skole gespeel het soos Rissiville wat as die Valke-kampioen verklaar is, Lichtenburg, Leeuwenhof, Jordanie, Goudkop, Brits en Kroonheuwel. Al die spanne het uiters goed gevaar, veral die O/9- en O/11-rugbyspanne, en die O/11-netbalspan wat goud gekry het. Die O/13-netbalspan het silwer verower na ‘n baie noue telling. La Hoff dra met baie breë en trotse skouers hierdie titel wat die skool vir die eerste keer verower het.

Laerskool La Hoff se O/11A-rugbyspan het goud tydens die Super 8 Rugbytoernooi verower. Voor is Xander du Preez, Ockert Brits, Martin Venter en Tristan Theron. In die middel is Christiaan Oberholzer (afrigter), Duan Blaauw, Michael Thomsen, Jeandre Snyman, Joshua Pieterse, PC Maritz, Aiden Hurter en Düschaan Trytsman. Agter is Damion Botha, Barry Niemand, Inus van Staden, Corné Gericke, Geraldo Danster, Divan Peacock en Diaan de Lange.

Juan van Wyk, trotse rugbyspeler van Laerskool La Hoff wat as die Super 8 wenners gekroon is.

Laerskool La Hoff se O/11A-netbalspan het goud tydens die Super 8 Netbaltoernooi verower. Voor is Amé Kruger (afrigter), Chané van Jaarsveldt, Chené Coetzee, Linda-Lee van Staden en Karlien Venter (afrigter). Agter is Mieke Kromhout, Tarien, Leah Snyman, Stephanie en Shenique Coetzee.

Laerskool La Hoff se O/9A-rugbyspan het goud tydens die Super 8 Rugbytoernooi verower. Voor is Derik Strydom, Robbert Van der Vyver, CW Swanepoel en Sydney Higgo. In die middel is Ben Steyn (afrigter), Xavier Mayo, Dean McAslin, Luan Meintjes, PC Swanepoel, Juan Janse van Rensburg, Logan te Brugge, RJ Esterhuizen en Antonie Smit (afrigter). Agter is Lian Krügel, Jaden van Aswegen, Zac Pieterse, Pieter Joubert, MP Willemse, Johan Strydom en Hanro van Zyl.

Laerskool La Hoff se O/13A-netbalspan het silwer tydens die Super 8 Netbaltoernooi verower. Voor is Lizanne Meyer (afrigter), Janine Roux (afrigter), Imcke Wessels, Mieke Muller, Marize Joubert en Anton Smith (skoolhoof). Agter is Esté Cilliers, Abigail Wentzel, Rachelle Bredenkamp, Michaela Thomsen en Natalie Nebe.

KHS se Kayla van der Bergh by die Afrika Spele. KHS is supertrots op haar skitterprestasies. Sy’t silwer in die 100m-hekkies gevat en die aflosspan het goud gewen en die rekord met .02 van ‘n sekond gemis. Sy beskou dit as ’n groot eer om die landsvlag so vas te kan hou. Meanri Erasmus het net so uitstekend gevaar en spog self met ’n silwer medalje.

Laerskool Goudkop se 1ste netbalspan het onlangs tydens die Super 8 ‘n derde plek behaal. Agter is Hannah Murphy, Elbé van der Walt, Mikayla Lessing, Leshané van den Berg en Christina Hattingh. Voor is Ansuné Mostert, Lee-Ann Marx en Elsie Wannenburg. Afwesig: Jana Jacobs.

KHS se ruiters het puik prestasies behaal tydens die perde-uithouritte wat onlangs buite die stad plaasgevind het. KHS het 3 uithourit-ruiters (al 3 gr 8’s) – Anansha Meyer en AJ Ernst het 28 April deelgeneem en 80 km voltooi. Op 30 April het Lerieschka Vogel 120 km voltooi. Hierdie internasionale uithourit staan bekend as die South Africa International Challenge (SAIC) in perdeuithouritte. Vanjaar is dit deur die Bona Bona Uithouritklub aangebied. Ruiters van regoor SA het deelgeneem asook ruiters van Namibië en Botswana was ook daar. Meer as 500 perde en ruiters het hul staal kom wys in Noordwes. AJ Ernst behaal ‘n 7de plek en Anansha Meyer ‘n 13de plek op die 80 km-rit. Lerieschka Vogel behaal ‘n 23ste plek op die 120 km rit. Welgedaan, julle 3 ruiters. KHS is 100% trots op julle!

Laerskool Goudkop se Dux-leerders vir die eerste kwartaal is Johan Brand (graad 4: 92,83%), Keandra Jooste (graad 5: 93.83%), Danielle Heyneke (graad 6: 92.17%) en Shaun Stroebel (graad 7: 93.89%).

Laerskool Goudkop se O/10A-rugbyspan het tydens die onlangse Super 8 in Kroonstad as wenners vir mediumskole uit die stryd getree. Agter is Alexander Labuscagne, Tiaan Kruger, Johan Brand, Martin Bierman, Jayden Cornelissen, Nicky Ravenscroft, John van Wyk, Grant Christie, Charl du Preez en Kani Thakamakhao. In die middel is Christiaan Naudé, CJ Nagel, mnr Juandré Koekemoer (afrigter), Renier Janse van Rensburg, mnr André Stroebel (afrigter), Christopher Steenkamp en Wian du Preez. Voor is Dylan Jordaan, Wilbrecht Luus, Michael Enslin en Dillon van Zyl.

WOW Magazine – Skolenuus (June 2018)

]]>
VENTERSDORP verrassend interessant https://wowmagazine.co.za/index.php/2018/06/01/ventersdorp-verrassend-interessant/ Fri, 01 Jun 2018 06:00:52 +0000 https://wowmagazine.co.za/?p=6711

VENTERSDORP
verrassend
interessant

Die inwoners van Ventersdorp is vriendelik en trots op hul gemeenskap. Oral waar jy kom word ‘n geselsie aangeknoop en hoor jy gou van hul ryke geskiedenis en familiestories van die jare toet. Hier ken almal mekaar en is elkeen ‘n integrale deel van die dorp.

Met ons besoek aan Ventersdorp was ons verras deur die warmte van die mense en die interessante en oulike besighede van klein tot baie groot. Meer van die amptelike geskiedenis van die dorp:

Ventersdorp is in die vrugbare Vaalriviervallei geleë en is die middelpunt van ‘n groot landbougebied. Dié dorp bied interessante geleenthede en besienswaardighede aan voornemende besoekers en beskik boonop oor ‘n verskeidenheid historiese trekpleisters wat ‘n besoek aan Ventersdorp die moeite werd maak.

Die dorp is in 1866 ontstaan toe die heel eerste NG Kerk op die plaas van mnr JG Venter gestig is. Die dorp is na hom vernoem. Die kerk se eerste gebou is in 1889 voltooi. ‘n Groter kerk is in 1912 gebou. Dié kerk troon nou nog oor die dorp. Ventersdorp was een van die eerste kolonies in die ou Transvaalse Republiek in 1840. Met die ontwikkeling van ‘n uitgebreide boerderygemeenskap in die gebied, het meer en meer mense eiendom van mnr Venter gekoop. Meer mense het hulle ook in Ventersdorp gevestig na die ontdekking van diamante in die gebied.

Vandag is Ventersdorp die kern van ‘n groot landbougebied. Die enorme silo’s met ‘n twee miljoen sakke kapasiteit – die grootste in die Suidelike Halfrond, is konkrete bewyse van dié dorp se boerderysuksesse.

Ventersdorp het ook ‘n ideale sentrale ligging wat dit makliker maak om toegang te kry tot prominente stede soos Klerksdorp, Lichtenburg, Potchefstroom, Rustenburg en Krugersdorp. Vier paaie lei na die dorp: Dit is 110 km van die Witwatersrand of Pretoria op die Tarlton-Ventersdorppad, 50 km van Potchefstroom, 70 km van Klerksdorp en 90 km
van Lichtenburg.

BESIENSWAARDIGHEDE
Schoonspruit-rivieroog: 6 Km van Ventersdorp oppad na Koster vind jy die Schoonspruit-rivieroog. Die dorp is afhanklik van hierdie rivier vir menslike verbruik. Die watervlak bly konstant, selfs in droë toestande. Dit was hier waar die eerste mineraalwater in Suid-Afrika gebottel was onder die “Schoonspruit”-etiket.

Rietspruit Dam: Rietspruit is ‘n visserman se paradys en ‘n verskeidenheid watersporte kan by hierdie oord beoefen word. Ander damme sluit die Elandskuil Dam en die
Klerkskraal Dam in.

Swartrand-grotte: Die grotte is op die plaas van Willem Boshoff en die gedreun van water kan van diep binne gehoor word.

Tarentaal-voetslaanroetes: Die ideale geleentheid om te ontspan en die natuur op sy beste te geniet.

“The grave with eternal flowers”: In die begraafplaas is die graf van ‘n Ierse soldaat, G Shaw wat vir die boere gedurende die Suid-Afrikaanse oorlog geveg het. Hy is later deur die Britse magte tereggestel weens sy verraad. Sy boerevroutjie het daarna weekliks blomme op sy graf gesit. Toe sy te oud word om daarmee vol te hou, het sy plastiekblomme daar geplaas. Daarvan is nou geen teken meer nie.

Anglo-Boereoorlog gedenkteken: Die gedenkteken is naby die Voortrekkersaal, langs die brandweer. Dis opgerig ter herinnering van boeresoldate wat in die oorlog gesterf het, asook vroue en kinders wat in konsentrasiekampe gesterf het.

Ventersdorp beskik ook oor ‘n verskeidenheid ontspanningsgeriewe wat onder meer akkommodasie, sportfasiliteite, restaurante, lodges en damoorde insluit. ‘n Besoek aan hierdie dorp is beslis die moeite werd, veral as jy dit tydsaam doen en by al die interessante plekkies aandoen.

WOW Magazine – Living ( June 2018)

]]>
TuinTake Junie https://wowmagazine.co.za/index.php/2018/06/01/tuintake-junie/ Fri, 01 Jun 2018 06:00:50 +0000 https://wowmagazine.co.za/?p=6705

WOW Magazine – TuinTake (June 2018)

]]>
Social Scene – June 2018 https://wowmagazine.co.za/index.php/2018/06/01/social-scene-june-2018/ Fri, 01 Jun 2018 06:00:44 +0000 https://wowmagazine.co.za/?p=6718
You have been WOWED

WOW Magazine – Social Scene ( June 2018)

]]>
Jokes / Grappies https://wowmagazine.co.za/index.php/2018/06/01/jokes-grappies-2/ Fri, 01 Jun 2018 06:00:38 +0000 https://wowmagazine.co.za/?p=6714

Jokes / Grappies

WOW Magazine – Entertainment (June 2018)

]]>
Om man te wees Piet se Storie https://wowmagazine.co.za/index.php/2018/06/01/om-man-te-wees-piet-se-storie/ Fri, 01 Jun 2018 06:00:36 +0000 https://wowmagazine.co.za/?p=6717

Om
Man
te wees

Hennie lyk die oggend nie sy vriendelike self nie. Hy staar die vlakte in. Die rêdiater voor hom kry geen aandag nie. Ander Piet herinner my daaraan dat Hennie laas so gelyk het toe die liefde hom hier in sy middeljare gepak het en hy toe afgehak het.

Nou staan ek en ander Piet en wonder wat nou aangaan. Ander Piet stap nader, klap Hennie so liggies teen die blad en vra: “Nou wat nou?” Toe Hennie omkyk, sien ek die spore van ‘n traan wat gestort is.

“Is daar fout?” vra ek. “Iemand siek?” Maar Hennie swyg en staar weer die vlakte in. Ek en ander Piet hou kajuitraad en besluit dat ons die saak mooi moet hanteer. Ek ry gou vir ‘n jaart boerewors en ‘n vars brood en Ander Piet kry die vuur solank aan die gang. Hennie het ‘n braai nodig om hom op te start, het ek en ander Piet besluit.

Die wors se sappies sis al op die kole, maar Hennie bly net HENNIE DIE SWYGER. Ons sny die brood sulke dik skaapwagtersnye, smeer botter op, sit ‘n stuk wors in en ek vat vir Hennie. Hy vat een lekker hap en toe vra hy: “Hoe is ‘n man?” Toe bars die damwal en hy snik dat sy nuwe vroutjie vir hom gesê het hy, wat Hennie is, is nie die naam MAN werd nie.

Ander Piet word bleek om die kiewe en ek weet hy vermoed die ergste. Maar ander Piet is ‘n uiters diplomatiese man en hy neem Hennie vertroulik om die skouers en vra: “Nou waar lê die probleem? Kom jy nie reg nie? Daar waar dit saakmaak?” Hennie sê: “Nee man, daar gaan dit by wyse van spreke klopdisselboom.”

Ek vra: “Help jy jou vrou met die wasgoed en skottelgoed en huisskoonmaak?” “Ja. Dit ook.” “Nou waar lê die eintlike probleem dan?” wil ander Piet weet. Hennie kyk weer so in die verte in en sê: Sy sê ek het nie kuite en ‘n siekspek soos die bure se seun nie. Nou hoe moet ek nou voel? Is ‘n man dan net kuite en spiere? Het ‘n man dan nie gevoelens hier diep binne waar dit seermaak nie? Maak klein kuite jou dan minder man?” En hy snik sommer.

Ons het die tools weggepak, die vuur geblus, in die vên geklim en watergat toe gery. Daar het ander Piet die leiding met die katkisasie geneem. Dis ‘n gesinstydskrif hierdie en ek kan dus nie detail van die katkisasie hier verklap nie. Al wat ek kan sê is dat Hennie met skreeuende bande daar weg is en dat hy die volgende more met die breedste smaail denkbaar by die werk opgedaag het.

… ôk maar net man.

WOW Magazine – Entertainment ( June 2018)

]]>
Behandel jou ridder met respek https://wowmagazine.co.za/index.php/2018/06/01/behandel-jou-ridder-met-respek/ Fri, 01 Jun 2018 06:00:36 +0000 https://wowmagazine.co.za/?p=6709

 Behandel
jou ridder
met respek

Meeste vroue word grootgemaak met die idee dat ’n ridder op ’n wit perd, ’n held, jou gaan kom “red”. Maar nes vroue, is mans ook maar net mense met foute en nie elke man is ’n sterk held wat jou in sy arms gaan optel en al jou probleme laat verdwyn nie.

Baie vroue besef nie altyd dat mans ook hul eie behoeftes het nie. “Dus is ’n bruid teleurgesteld as haar man nie outomaties weet hoe om haar onvoorwaardelik lief te hê nie,” sê Dr Anna Slattery, skrywer van Finding The Hero In Your Husband. “Die teleurstellings oorskadu dit wat jy oor jou man voel en jy sien net sy swakpunte raak en vergeet dat hy ook sterkpunte het.” Volgens Slattery is jou rol om jou man te help groei om sy heldstatus te bereik.

’n Vrou trou nie met die man van haar drome nie, sy help hom om die man van haar drome te word. Vergeet van romantiese komedies waar die held “ridderlike” eienskappe openbaar. Bid dat jou oë sal oopgaan vir die heldhaftige eienskappe wat jou man reeds vertoon. ’n Sterk huwelik rus nie net op jou man se skouers nie. Wat jy sê en doen, kan jou man opbou of afbreek. Jy kan jou man aanmoedig om die held te word wat hy graag vir jou wil wees.

Elke man vrees mislukking. As jy jou man egter aanmoedig, trek jy sy heldhaftige eienskappe uit hom uit en hy presteer dan beter. As jy hom kritiseer, laat jy hom soos ’n verloorder voel. Daar is dus baie mag in jou hande. Wees egter eerlik as jy hom prys. Hy sal regdeur jou sien as jy hom prys met iets wat hom nie toekom nie. Doen ook moeite met jou voorkoms en dan sien hy dat jy trots is om sy vrou te wees.

Verhoudingskenner Dr Tessa van Wijk sê, mans is soos klein seuntjies wat altyd liefde, aandag en bewondering wil hê. As hy jou held is, is dit so maklik om hom te bemoedig en te waardeer. Begin vandag nog om jou man se innerlike held uit te bring en hy sal beslis jou beste belange op die hart dra.

WOW Magazine – Women (June 2018)

]]>
Die Boustene van ‘n Man https://wowmagazine.co.za/index.php/2018/06/01/die-boustene-van-n-man/ Fri, 01 Jun 2018 06:00:36 +0000 https://wowmagazine.co.za/?p=6707

Die
Boustene
van ‘n Man

Elke jong seun wil bitter graag eendag in die voetspore van ‘n ware man loop. Elke vrou wil ook graag met
een uitgaan en trou. Maar wat is ‘n “ware man”? Dit is iemand wat alle kinderagtige aktiwiteite en denkwyses agtergelaat het. Hy dink, praat en tree op soos ‘n volwasse mens. ‘n Ware man is allereers sy eie leier. Dit maak hom selfversekerd en ook ‘n leier vir ander. Nie net is hy ‘n eerbiedige mens nie, maar toon ook empatie vir ander se gevoelens. Sy selfversekerdheid maak ander om hom ook selfversekerd. WOW Tydskrif fokus vandeesmaand op ‘n paar eienskappe van ‘n regte man.

‘n Ware man gee om vir die behoeftes van sy geliefdes: ‘n Regte man gee om die rol wat sy lewensmaat in sy lewe speel en is werklik besorgd oor haar behoeftes. Dié behoeftes sluit tyd, emosionele saambinding, fisiese tevredenheid en intellektuele stimulasie. Hy sal tyd maak om dit vir sy maat te voorsien. Wanneer sy vra vir ‘n bietjie tyd, voel ‘n ware man nie onderbroke of ervaar nie enige ongerief nie. Tewens, hy verwelkom dit en voorsien wat benodig word terwyl hy steeds die prioriteitsorde handhaaf.

Hy neem verantwoordelikheid vir sy foute: Wanneer hy in ‘n verhouding is, neem hy nie bloot aan dat al die probleme wat hulle ervaar deur sy maat veroorsaak is nie. In sulke gevalle sal hy sy eie foute erken en om verskoning daarvoor vra. Sommige mans het die slegte gewoonte om hul foute op hul geliefdes te projekteer. Dit is uiters verkeerd en is nie ‘n eienskap van volwassenheid nie. ‘n Ware man verstaan dat sy meisie, verloofde of eggenote sy spanmaat is. Hy koester dus die mees empatiese vorm van kameraadskap wat hy kan.

Hy is passievol oor ander dinge: Afgesien van sy verhoudings, het het ‘n ware man ook ander belangstellings om sy lewe interessant te hou, om gedurig voort te beweeg en om in tandem met die wêreld te wees. Dit wys hy het ambisie en om passievol te wees oor aktiwiteite wat nie verband hou met verhoudings nie is een van die eienskappe van ‘n ware man.

‘n Ware man is selfstandig: Een van die mees sigbare aanwysers van onafhanklikheid is om beheer oor jou eie verdienste te hê. Dit gee ‘n man sy eie vryheid. Wanneer hy sy onderrig voltooi het, moet hy ‘n manier vind om homself en sy maat te onderhou. ‘n Ware man maak ook staat op homself en bou sy eie huis. Op hierdie manier kan hy vertrou word om na iemand anders om te sien wanneer die tyd reg is.

Hy is vol vertroue oor sy lewensplan: Een van die hoofeienskappe van ‘n ware man is visie en die vermoë om gestalte aan hierdie visie te gee. Hy het beslis ‘n idee oor hoe sy lewe gaan uitdraai en hy moet seker maak dat ander hom nie terughou nie om die pad van sy eie keuse te volg. ‘n Ware man het dus ‘n doelstelling en moet sterk genoeg wees om mense teen te staan wat probeer om hom te ontmoedig.

‘n Ware man is inherent gemotiveer: Baie mense gaan aanlyn om na motiveringsvideos te kyk. Van hierdie mense sluit diegene in wat motivering soek om ware mans te word. Terwyl dit vir ‘n wyle sal help, sal eksterne motivering jou net tot ‘n sekere mate help. Ware mans is bewus hiervan en is dus inherent gemotiveer. Hul motivering kom van binne af en uit hul harte en siele kom die dryfveer om mylpale in hul lewens te bereik.

WOW Magazine – Men (June 2018)

]]>
Winter DIY Idea https://wowmagazine.co.za/index.php/2018/06/01/winter-diy-idea/ Fri, 01 Jun 2018 06:00:24 +0000 https://wowmagazine.co.za/?p=6710

Winter
DIY Idea

Winter is here in full force and what better way to do away with winter ailments such as that annoying and wheezing cough by following a few simple DIY steps. These homemade natural cough drops can be used anytime to soothe a sore throat or cough.

Peel a 1-1/2” piece of ginger root and cut it into slices. Place ginger slices and a cinnamon stick in 1-1/2 cups of water in a heavy saucepan and bring to a boil over high heat. Reduce heat and simmer for 10 minutes. Remove the ginger root and cinnamon stick from the saucepan and discard.

Add 1-1/2 cups of sugar and 1/2 cup of honey to the infused water in the saucepan and return to boil. Stir until sugar has dissolved and place a candy thermometer in pot. Once sugar has dissolved, stop stirring and keep an eye on the pot as the temperatures rise. The boil will be unstable, but will calm as the sugar approaches the 150 degrees Celsius necessary for the candy to harden when it cools (the “hard crack” stage).

As it nears “hard crack”, the water will have cooked away, the colour will darken and the consistency is molten. When the thermometer reads between 150 and 153 degrees, remove from heat. Stir in 2 tablespoons lemon juice and 1 teaspoon lemon zest. Take caution when adding the juice, which will sizzle and splash as it comes in contact with the sugar.

Pour into candy moulds. The number of lozenges will vary. Once cooled completely (at least an hour), remove from moulds and place in a lidded container with 1/2 – 1 cup of superfine sugar to keep the lozenges from sticking together when stored. Shake to coat and store in an airtight container in a cool, dark location.

WOW Magazine – Living ( June 2018)

]]>