WOW Magazine 2018-03-30T06:00:50Z https://wowmagazine.co.za/index.php/feed/atom/ WordPress wowmag <![CDATA[Om Treine Te Kyk Piet se Storie]]> https://wowmagazine.co.za/?p=6444 2018-03-29T10:15:27Z 2018-03-30T06:00:50Z

Om
Treine
Te Kyk

Hierdie keer kuier Ander Piet en Hennie by my en ons bevind onsself op ‘n toer deur Matlosana met die doel om te kyk watter Watergat aan ons spesiale vereistes voldoen. Ja, die prys en die atmosfeer moet reg wees, maar moet darem iets vir die oog ook wees.

Ek ontmoet hulle by die Matlosana Mall maar stap sommer net deur. Geen behoorlike kuierplek nie. Ander Piet merk wel op dat hy gedink het Potchefstroom se Mooirivier Mall is groot maar nou sien hy hoe lyk GROOT.

Ek beveel die Klerksdorp Rolbalklub aan vir ietsie ligs en die manne is heel tevrede. Ons raak toe honger en ek stel voor ons ry eers Orkney toe en gaan eet by die Orkney Gholfklub. Wat ‘n wonderlike venue met die rivier wat daar verbyloop met visse wat kort-kort uit die water spring. Hennie wonder of die water dalk te warm vir die visse is en daarom spring hulle uit om af te koel. Ander Piet lewer geen kommentaar nie, liewer nie.

Ons beloer die spyskaart maar al wat mooi bly is die uitsig oor die rivier. Toe neem ek my gaste na Barmed toe en ons geniet die beste vetkoek met maalvleis in die omgewing. Oppad terug Klerksdorp toe ry ons langs die treinspoor en ek vertel van hoe die fluit van ‘n trein so ‘n hartseer klank in hom het. Ons gesels treine: van die troeptreine van die dienspligtyd tot vakansietreine en rugbytoertreine.

Ek vertel hulle van ‘n so ‘n treintoer Kaap toe, toe die ys op die terugreis op die Sondag klaar raak. Ons roep ‘n amptenaar nader en hy onderneem om ‘n plan te maak en oomblikke later is hy daar met ys. Ons is dors en vra weer en weer en nog ‘n keer. Toe sê hy: “Jammer, die kondukteur sê hy kan nie nog ys afhaal nie, dan gaan die lyk in die kondukteurswa begin ontdooi!”

Toe gaan ons na die treinbegraafplaas toe daar naby Klerksdorp stasie en die “trip down memory lane” gaan voort. Ons stap daar tussen die ou treine deur en wonder wat die enjins alles getrek het in hul dae, waar hulle oral gery het, was hulle ooit in nood, het hulle altyd hul vragte veilig by die bestemming besorg? En toe sing ons hartlik saam: “Tjoeketjoeke paf, tjoeke paf paf, kyk hoe ry ons op die baba trein: Opdraend op, afdraend af, tjoektjoekepaf op ‘n stywe draf.

Mamma stasie sê vir hom: Jy moet gou gou huis toe kom. Steenkoolbredie moet jy eet, dit is goed vir jou dieet…”

Die ander besoekers kyk ons so half skuins aan, maar ons sing lustig voort: Tjoeketjoeke paf… en so ry ons treintjie verder na die Watergat en die Grasdakkie toe.

WOW Magazine – Entertainment ( April 2018)

]]>
wowmag <![CDATA[Suid-Afrika se grootste vervaardiger van tradisionele gemmerbier!]]> https://wowmagazine.co.za/?p=6435 2018-03-29T10:18:36Z 2018-03-30T06:00:48Z

WOW Magazine – Living (April 2018)

]]>
wowmag <![CDATA[SKOLENUUS]]> https://wowmagazine.co.za/?p=6447 2018-03-29T12:02:20Z 2018-03-30T06:00:30Z

KHS – VERTEENWOORDIGENDE LEERLINGRAAD
KHS het op 5 Februarie die Verteenwoordige Leerlingraad per graad aangewys. Elke graad se leiers het dan ‘n voorsitter aangewys. Die rol van hierdie leerders is om die KHS raad te ondersteun in klasleier hoedanigheid en intensief betrokke te raak by liefdadigheid om mede KHSers by te staan en ook verder uit te reik na die gemeenskap.

GRAAD 10: Voor is Megan Roux (graadvoorsitter), Genevive Potgieter, Ané Venter, Tiffany Rall en Su-Mari Fourie. Agter is De Wet Muller (graadvoorsitter), Lowyk Vogel, Tristen Helling, Ethan Lauwrens en Rogério Castro.

GRAAD 12: Voor is Janine Heymans, Tearize de Clerk, Jennifer van Wyk, Magdeline Sebolai en Lurindi Vos (graadvoorsitter). Agter is Josh Hoffman, Steven Serrao, Pierre Vogel (graadvoorsitter), Brandon Gregory en JanReinardt Kromhout.

GRAAD 9: Voor is Chamonix Dumond, Zandré Taute, Mieke van der Merwe (graadvoorsitter), Samantha Kelly en Stephanie Esterhuizen. Agter is Dylan Geldenhuys, Nathan Du Rand, Simeon Joubert (graadvoorsitter), Kian Müller en Edrich du Toit.

GRAAD 11: Voor is Hybrie Breedt, Winique Venter, Cyan Booth, Danél Smit (graadvoorsitter), Bianca Jansen en Bianca Wentzel. Agter is Dylan Braxton, Dewald Theron, Quintes Wilkens, Rossouw Karsten (graad

GRAAD 8: Voor is Riana Nel, Shana Prins, Carla Roux, Cherine Marais en Marjoné Nel (graadvoorsitter). Agter is Lenro van Antwerpen, Blake Botes, Liam Anderson (graadvoorsitter), Christiaan Erasmus en Luan von Wielligh.

HOFFIES KOMPETEER NASIONAAL: Die volgende leerders van Laerskool La Hoff het op 2 Maart 2018 aan die Noordwes Atletiekkampioenskappe in Potchefstroom deelgeneem en het uitstekend in hul onderskeie items presteer. Michaela Thomsen (O/13) verower goud in die 800m-middelafstand en silwer in die 200m-naelloop, Joshua Gurschler (0/10) verower goud in hoogspring en silwer in gewigstoot en Abigail Wentzel verower goud in verspring. Hierdie leerders het na die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe van 15 tot 17 Maart 2018 in Paarl deurgedring. Laerskool La Hoff is trots op elke atleet wat hard gewerk het om so goed te kan presteer tot op hul huidige vlak.

Omphemetse Mosiane, an u/11 learner of Roosheuwel Primary School, achieved 1st place in the North West Athletic Championship and qualified to go to the SA Championships in Paarl.

Die volgende 5 atlete van Laerskool Goudkop het op 15 en 16 Maart aan die SA Kampioenskappe in Paarl deelgeneem: agter is Louis Koen (SO/13, 1500m-stap), Jana Jacobs (DO/13, gewigstoot en spiesgooi) en Elbé van der Walt (DO/13, 100m en 75m-hekkies). Voor is Alexander Labuscagne (SO/10, 1200m) en Lee-Ann Marx (DO/13, 1500m en 800m).

NEW STAFF AT ROOSHEUWEL PRIMARY SCHOOL:
From left to right: Willemien Pretorius (Gr 1), Cindy Mulder (Gr 2), Annika van der Schyff (Gr 2), Mart-Sophie Botha (Gr 5), Monique Geels (Gr 4) and HOD English and Afrikaans Senior Phase, Daleen Bornman. In front is Rethabile Rampuru (Gr R).

Laerskool Goudkop verwelkom graag die nuwe personeel by hulle vanaf 2018: agter is Petru van Biljon, Celeste Joubert (aflos), Chandré Mienie, Gerlindi Bester, Rudie Stoop en Abrie Cloete. Voor is Johné Malherbe (aflos), Elizma Pottas en Estie Longland.

WOW Magazine – Skolenuus (April 2018)

]]>
wowmag <![CDATA[Kerswens word ‘n sprokiesverhaal!]]> https://wowmagazine.co.za/?p=6438 2018-03-29T10:24:17Z 2018-03-30T06:00:30Z

Kerswens
word ‘n
sprokiesverhaal!

Toe 62-jarige Yvonne Lessing op KykNET se Die GROOT Ontbyt-Kerswensprogram in Desember 2017 haar hartsbegeerte aan derduisende mense oorgedra het om ‘n make-over te kan kry, het sy min geweet dat dié wens bewaarheid sou word toe internasionaal-bekende Voorkoms, Styl en Mode Konsultant, Sandra Taljaard van – Style Challenge Int. Image Consultancy – aangebied het om iets daaromtrent te doen.

Nadat Sandra die nodige reëlings getref het, het Yvonne op 28 Februarie 2018 vanaf Kroonstad by Sandra se gastehuis in Heidelberg aangekom waar sy ook tuisgegaan het. Nà ‘n deeglike konsultasie het Sandra ʼn figuur- en kleuranalise, asook ‘n styl- persoonlikheid toets met haar gedoen.

Op 1 Maart 2018 is Sandra en Yvonne na Wilmed Park Hospitaal in Klerksdorp waar Plastiese Chirurg, Dr Jan Hendrik Lamprecht haar onder hande geneem het. Hy het vir Yvonne ‘n reeks Botoxneurotoksieninspuitings (Botulinum Toksien Tipe A), ‘n Skedule 4-preperaat en vullers (Voluma) toegedien. Dr Lamprecht het verduidelik dat Botox (‘n handelsnaam) die betrokke gesigspier(e) “verlam” deurdat impulse in die senuwees geblokkeer word om nie die spier te bereik nie. Dit verbeter die estetika van die vel en inhibeer die voorkoms van plooie.

Vullers gee volume terug aan die gesig, om sodoende die “beskadigde” vel wat weens ouderdom veroorsaak word, te herstel. Dit word oor die wangbeen area aangewend om die vel as`t ware te lig. Die vuller Volift is ook gebruik om die area om die mond te verbeter.

Mariska van die Dermaplastic Laser & Aesthetic Centre by Wilmed Park het vir Yvonne ‘n heerlike massering en antiverouderingvelbehandeling gegee en nog was dit het einde niet! Op 2 Maart is sy na Comfey Corner Hair & Beauty by River Square Mall in Drie Riviere, Vereeniging geneem en hier het Barbara Style Challenge Int. en Sandra weggespring met nog ‘n fase van Yvonne se “mooimaak”-proses. Rizelle het haar naels gedoen, Christie die grimering en Stef het Yvonne se kapsel behartig.

Terwyl haar hare gedoen word, het Sandra solank Yvonne se klere vir die fotosessie noukeurig by Miladys River Square gaan uitkies. Dit was pragtige uitrustings wat by haar leefstyl, persoonlikheid, figuur, vel en haarkleur pas. Hierna is Yvonne na Miladys waar Ria, die bestuurderes en die staf hulle gul ontvang het vir die klere-aanpas- en fotosessie.

Terug in Heidelberg, het Linette Noppe van InStyle Foot Clinic by Bambi Apteek Yvonne se voete ʼn pamperlangsessie gegee met refleksiologiebehandeling. ‘n “Splinternuwe” en blymoedige Yvonne keer toe op Saterdag, 3 Maart 2018 met ‘n lied in die hart terug huistoe.

Style Challenge International Image Consultancy wil graag vir almal wat deel was van hierdie wonderlike make-over reis van Yvonne hartlik bedank, asook vir elke besigheid en betrokke persone se ruim goedhartigheid om hul dienste en tyd te borg. Baie dankie ook dat Style Challenge Int. Yvonne se Kerswens kon vervul deur almal se uitsonderlike inisiatief. Yvonne se make-over sal op KykNET se GROOT Ontbyt -Facebookblad geplaas word.

Dr Jan-Hendrik Lamprecht

Sandra Taljaard

WOW Magazine – Women (April 2018)

]]>
wowmag <![CDATA[Waar is Wollie?]]> https://wowmagazine.co.za/?p=6439 2018-03-29T10:26:38Z 2018-03-30T06:00:25Z
Soek vir Wollie en Wen!
Waar’s Wollie? Soek hom en wen R1000!
Soek vir Wollie en staan ‘n kans om R1000 te wen! Hy kruip weg op ‘n paar plekke in die tydskrif asook op ander plekke in ons aanlyntydskrif. Kliek hier.
Om in te skryf vir die kompetisie, SMS die woord WOW gevolg deur jou naam, kontakbesonderhede en die naam van die advertensies waar Wollie wegkruip na 34877 of stuur ‘n e-pos na . Dis so maklik soos dit! Soek deeglik, hy kruip goed weg!
Om deel te neem aan die Waar is Wollie kompetisie, kliek op die foto en soek vir Wollie in ons aanlyn boek.
Sodra jy vir Wollie gekry het stuur n sms met jou Naam, Kontakbesonderhede, en die naam van die advertensie waar Wollie wegkruip na 34877.
Die wenner van die Waar’s Wollie kompetisie is Stanley Barnard. Baie geluk!

GEDRUKTE TYDSKRIF:
1. Bladsy 23 – EXPRESS WOOD HARDWARE
2. Bladsy 31 – Rock Building Supplies
3. Bladsy 33 – Kmart
4. Bladsy 40 – Transformer Roofing
AANLYN TYDSKRIF:
1. Bladsy 16 – Verskillende soorte skadevergoedingseise
2. Bladsy 22 – Tuintake Maart
3. Bladsy 38 – Social Scene by Longhorn Texas Saloon

WOW Magazine – Wollie (April 2018)

]]>
wowmag <![CDATA[Social Scene – April 2018]]> https://wowmagazine.co.za/?p=6446 2018-03-29T12:55:21Z 2018-03-30T06:00:22Z
You have been WOWED

WOW Magazine – Social Scene ( April 2018)

]]>
wowmag <![CDATA[Jokes / Grappies]]> https://wowmagazine.co.za/?p=6434 2018-03-29T10:36:48Z 2018-03-30T06:00:21Z

Jokes / Grappies

WOW Magazine – Entertainment (April 2018)

]]>
wowmag <![CDATA[TuinTake April]]> https://wowmagazine.co.za/?p=6443 2018-03-29T10:43:57Z 2018-03-30T06:00:20Z

WOW Magazine – TuinTake (April 2018)

]]>
wowmag <![CDATA[In en om Klerksdorp]]> https://wowmagazine.co.za/?p=6437 2018-03-29T10:49:03Z 2018-03-30T06:00:19Z

In en om
Klerksdorp

Klerksdorp se buurdorpe het elk iets uniek wat dit onderskei van die ander. Maak gerus ‘n punt daarvan om elkeen te besoek en van hoek tot kant deur te ry.

Jy sal verbaas wees oor die versteekte skatte waarvan jy nie geweet het nie.

Vandeesmaand besoek ons Klerksdorp se kleinste buurdorp, Harbeesfontein. Dit is ‘n dorpie met ‘n interessante geskiedenis en volop verrassings.

Soos die gesegde lui: “A picture speaks a thousand words.” Elke foto in dié uitgawe spreek ook vanself – geniet die visuele reis!

WOW Magazine – Living ( April 2018)

]]>
wowmag <![CDATA[Verwagtinge en teleurstellings deur Lizelda Goslin]]> https://wowmagazine.co.za/?p=6440 2018-03-29T10:51:08Z 2018-03-30T06:00:12Z

Verwagtinge
en
teleurstellings

In ons grootwordjare is daar een les wat elke persoon wat hierdie artikel lees, geleer het, en dit is dat enigiets wat ʼn TE is, is nie goed nie! Hierdie lewensles is dan ook veral toepaslik met verwagtinge! Sommige persone sal neig om te hoë verwagtinge te hê, terwyl andere eerder meen “as ek geen verwagtinge het nie, sal ek nie seerkry of teleurgestel word nie!” Die gesonde balans is egter om realistiese verwagtinge te koester.

Wanneer ons te hoë verwagtinge koester, is die uiteinde meestal teleurstelling, seer en woede. Dit kan wees dat ʼn kind gedurig die ouer teleurstel met lae punte, swak sportprestasie of selfdissipline, of ʼn lewensmaat wat sekere dinge gereeld vergeet of nie stiptelik is nie. Wanneer ʼn persoon gereeld die gevoel van teleurstelling en kwaad in die mense rondom hulle beleef, moet die vraag gevra word: “Is dit ek wat te hoë verwagtinge het, of is dit hulle wat my teleurstel?” Om dit effektief te beantwoord, moet die persoon ʼn billike maatstaf kry om die ander persone in hul lewens te meet.

Dit beteken om met ʼn objektiewe oog na die persone in jou lewe te kyk en te bepaal of hulle werklik ondergemiddeld, gemiddeld of bogemiddeld is. Dit is ook nuttig om ander se opinie in te win en te hoor of hulle dink jou kind presteer ondergemiddeld en of jou man of vrou werklik so nalatig en koud is soos jy dink. Die maatstaf is hoe die algemene bevolking, mense in jou gemeenskap en kultuur daar buite is en optree. Hiermee stel ʼn persoon slegs ʼn wegspringpunt vir jouself en vorm vandaar verder jou realistiese verwagtinge. ʼn Voorbeeld hiervan is dat jou kind ʼn gemiddeld van 70% verlede jaar gehandhaaf het, terwyl die klasgemiddeld 60% was. Hierdie jaar het jou kind teruggesak na 65%, maar gemeet aan die klasgemiddeld van 50%, is dit nog steeds goed aangesien jou kind hierdie jaar 15% bo die klasgemiddeld presteer het. In ʼn huwelik kan dit wees dat ʼn persoon intimiteit elke aand verwag en teleurgestel voel as hul maat nie toegee nie. Tog behoort hierdie persone hul verwagtinge meer realisties te kan aanpas want die statistiek vir intimiteit (in verhoudings langer as 3 jaar) is slegs 2 tot 3 keer per week).

Om te hoë verwagtings aan te pas, moet persoonlikhede ook in ag geneem word. Indien jou maat nog nooit ʼn stiptelike persoon was nie, maar ʼn dromer is wie se aandag afgelei word, besef dan dat julle nog ʼn duisend gevegte gaan hê. Kry eerder kreatiewe oplossings om jou maat betyds by ʼn plek te kry. So is sekere persone taakgedrewe en wil projekte doen en afhandel, terwyl ander eerder wil kuier omdat hulle meer mensgedrewe is, sommige persone is sterk op roetine, terwyl roetine ander frustreer, ens. Die antwoord hier is om jou verwagtinge oor die mense in jou lewe aan te pas en kreatiewe oplossings en kompromieë te skep.

Persone met te hoë verwagtinge het dit ook gereeld omdat hulle ander mense aan hul eie standaarde en aksies meet. Byvoorbeeld – indien hierdie persoon moontlik dalk ʼn “100% vriendin” is (iemand wat bv. nooit vergeet om ʼn boodskap te antwoord nie en uitsonderlike moeite doen), dan is haar verwagting heel waarskynlik dat haar vriendin of kollega dieselfde standaard behoort te handhaaf. Indien haar vriendin dan net ʼn 70% vriendin is en minder in die vriendskap insit, voel die persoon met hoë verwagtings seergemaak. Die voorstel hier is om te besef dat jy uitsonderlik is, want min mense het die vermoë om 100% in ʼn verhouding te sit en miskien is ʼn 70% vriendin steeds ʼn goeie en bogemiddelde vriendin!

WOW Magazine – Living (April 2018)

]]>