SKOLENUUS

LAERSKOOL LA HOFF
Die volgende seuns van Laerskool La Hoff het in 2017 by die SA Kampioenskappe van Binnenshuise krieket die Noordwes Binnenshuise krieketspan verteenwoordig: Stephan, Dandre, Dylan en Ethan het ook die Diamond Indoor Span behaal. Voor is Dylan Hales (O/12), Reghardt van Deventer (O/12) en Jean Claude de Villiers (O/12). Agter is Dandre Slabbert (O/12), Juan van Wyk (O/10), Ethan Walker (O/10), Dundre Hales (O/10) en Stephan Janse van Rensburg (O/12).

Laerskool Goudkop se hoofleiers vir 2018 is aangewys tydens die jaarlikse bekroningsfunksie: Handré Spies (Onderhoofseun Kultuur) Werner Kruger (Onderhoofseun Sport), Shaun Stroebel (Hoofseun), Lee-Ann Marx (Hoofdogter), Jana Jacobs (Onderhoofdogter Sport) en Elbé van der Walt (Onderhoofdogter Kultuur).

Hendriko van Antwerp is tot die Luiperds se Cravenweek span verkies wat in Bloemfontein aan die jaarlikse Cravenweek toernooi deelgeneem het. Laerskool La Hoff lewer baie goeie rugbyspelers en is voorwaar trots op Hendriko dat hy sy talent so goed kan bevorder.

Op 11 November 2017 is die Lions se streekkompetisie vir “Peace Posters” in Johannesburg gehou. Drie van Laerskool Goudkop se leerders se kunswerke was by hierdie beoordeling. Heinrich Nel verower ‘n 2de plek en Moné Janse van Rensburg word as streekswenner aangewys. Haar kunswerk is na die SA’s gestuur vir verdere beoordeling en het op 18 November 2017 ‘n algehele 4de plek in SA behaal. Dit is die 2de agtereenvolgende jaar dat leerders van Laerskool Goudkop ‘n 4de plek in die SA’s behaal. Voorwaar ‘n groot prestasie waarop ons baie trots is! Op die foto is me. Maryna van Zyl (kunsonderwyseres) saam met Moné Janse van Rensburg.

MNR EN MEJ KHS
Op die maat van die temamusiek uit Pirates of the Caribean is die jaarlikse glansryke aand geopen. Die gaskunstenaar, Dirk van der Westhuizen, het die KHS’ers betower met sy nuutste vrystellings en “Gooi jou suiker oor my”. Al die dogtersfinaliste was stylvol en elegant deur Anel Botha Coutre geklee. Graftobian van Jolize Cawood, Cfisticated van Cimoné Petersen was van die borge gewees. Die klank en beligting is verskaf deur Johan van der Merwe. Die volgende leerders ontvang toekennings: Mnr Debutant – Johan Crous en Mej Debutant – Chané van Rooyen; Mnr Fotogenies – Reniël Rabie en Mej Fotogenies – Christelle Roberts; Mnr Persoonlikheid – Bennie Bamberger en Mej Persoonlikheid – Lurindi Vos; Tweede prins – Dylan Dieperink, Eerste prins – Mark Pieters; Tweede prinses – Kendal Victor, Eerste prinses – Romé Bester; Mnr KHS – Christian van Niekerk en Mej KHS – Karli Viljoen.

Mnr KHS, Christian van Niekerk en Mej KHS, Karli Viljoen.

AKADEMIESE PRYSUITDELING
Ons wens die klas van 2017 geluk met hul pragtige prestasies en hou duim vas dat hulle harde werk beloon sal word.

TOP TIEN:
Nadia Olivier (93,1%) en dux-leerder. Mala Wilkens(89,3%), Janie van Wyk (89,2%), Bridgette Snyman (87,3%), Ellen-mari van Rensburg (82,4%), Monja Kock (82,3%), Karolien Thomas 9 82,1%), Marike Coetzee (81,8%), Nika Wilkens (81,6%) en Hano Pretorius (81,2%).

Karli Viljoen (links), Mej KHS 2018 en Liné Pretorius (regs), Mej KHS 2017.

VLYT EN YWER: Zanda-Lee Martin, Nadia Olivier, Mala Wilkens, Shané Duvenage, Estelle Delport en Bridgette Snyman.

DUXLEERDER: Nadia Olivier is die Duxleerder vir die afgelope vyf jaar.

KHS’ER VAN DIE JAAR: Janie van Wyk.

DILIGENTER TROFEE: HJ Jooste.

DILIGENTER TROFEE: Liné Pretorius

WOW Magazine – Skolenuus (January 2018)