Wees ‘n kundige in enigiets!

Home / Living March 2018 / Wees ‘n kundige in enigiets!

Wees ‘n kundige in enigiets!

 Om ‘n kundige in iets te wees lewer werklik resultate. Dit is veral waar wanneer toppresteerders met die res van ons vergelyk word. Navorsing het bewys dat die top 10% in komplekse poste soos professionele- en verkoopspersoneel 80% meer as gemiddeld produseer en 700% meer as die onderste 10%.

Mense weet dat om die beste te wees nie maklik is nie. Bobby Knight het per geleentheid gesê dat “almal het die wil om te wen, maar min mense het die wil om vir oorwinning voor te berei”. Een van die redes hoekom dit so moeilik is om uitsonderlik te wees is omdat baie van wat aan ons gesê is oor hoe om te leer, studeer of oefen verkeerd is. Dit het tyd geword om beter in ons beterskap te word.

Of jy ‘n merkwaardige openbare spreker wil wees, vir eksamens wil studeer of jou verkope wil verbeter, daar is metodes wat navorsing en kundiges aanbeveel om ‘n kundige in absoluut enigiets te wees.

Voorspeller van vakmanskap: Hierdie vraag sal waarskynlik voorspel presies hoe goed jy sal wees in dit waaroor jy passievol is: “Hoe lank gaan jy dit doen?” Om jou vooruit te verbind om dit oor die langtermyn te doen maak die wêreld se verskil. Selfs wanneer dieselfde hoeveelheid beoefen word, is daar ‘n verbetering van 400% by die langtermyn toegewydes as die korttermyn beoefenaars.

Begin met wat belangrik is: David Epstein stel dit eenvoudig: “Die stempel van kundigheid is om te bepaal watter inligting belangrik is.” Enige vaardigheid het baie komponente, maar om alles te beoefen produseer nie dieselfde resultate nie.

Oefen soos jy veg: Jy wil graag hê dat jou beoefening dieselfde as die werklike vak moet wees. Nie net sal jy beter voorbereid wees nie, maar jy leer baie beter wanneer die konteks waarin jy oefen soortgelyk is as die konteks waarin jy uiteindelik sal presteer.

Hersiening: Om materiaal te hersien is een van die mees gewilde maniere om te leer. Net omdat dit maklik is om dit nou te onthou, beteken nie dit sal altyd so wees nie. “Begeerlike moeilikheidsgraad” beteken dat hoe harder jy werk om iets uit jou geheue te herwin, hoe beter leer jy. Moenie net materiaal weer lees nie. Oefen soos ‘n mediese student en toets jouself oor en oor. Navorsing het bewys dat om iets een keer te lees en ‘n opsomming te skryf meer water dra as om dit 4 keer te lees.

Kry vinnige, negatiewe terugvoer: Een van die 3 sleutelkomponente van “10 000 uur van doelbewuste oefening” is terugvoer. Sonder dit weet jy nie of jy verbeter nie of waaraan jy volgende moet werk nie. Jy self is ook ‘n waardevolle bron van terugvoer.

Studeer minder, toets meer: Hou die “Reël van TweeDerdes” in gedagte. Spandeer slegs een derde van jou tyd aan studies. Vir die ander twee-derdes van jou tyd behoort jy jouself te toets. Ons studeer gewoonlik vir ‘n toets. Dis egter ‘n fout. Jy wil graag jouself lank voor die “groot gebeurtenis” toets. Dit is omdat toetsing eintlik ‘n tipe van studie is. Feit is, toetsing is eintlik ‘n beter vorm van studering as studering.

Slaap is steroïdes vir jou brein: As jy nie genoeg slaap kry nie, leer jy nie so goed soos jy in staat is om te leer nie. Die feit is dat navorsing daarop dui dat daar ‘n korrelasie is tussen studente se uitslae en die gemiddelde hoeveelheid slaap.

Wanneer jy goed is in iets en jy doen dit dikwels, behels die resultaat nie net bevorderings of meer oorwinnings nie. Jy glimlag ook meer. Dis nie eensaam op die boonste vlak nie. Dit het ‘n gelukkige einde…

Geniet hierdie uitgawe waarin ons fokus op sommige van ons stad se suksesvolle kundiges.

WOW Magazine – Living ( March 2018)

Related Posts